Weg! Platteland

Pampoen-ensaffraan­risotto

-

As jy van pampoen hou, sal jy gaande wees oor dié risotto wat danksy die saffraan die mooiste kleur kry. Ek sit dit voor met salieblare wat in botter gebraai is plus ekstra parmesaank­aas.

Genoeg vir 4 (as hoofgereg) of 6 (as voorgereg) Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 15-20 minute

JY BENODIG

• ¼ koppie (60 ml) botter

• 250 g risottorys (soos arborio

of carnaroli)

• 1 ℓ goeie aangemaakt­e of tuisgekook­te

groente- of hoenderaft­reksel

• ½ teelepel (2,5 ml) saffraan

• 500 g gaar pampoen

• koppie (80 ml) vars room plus ekstra

om voor te sit

• ’n knippie neutmuskaa­t

• 50 g gerasperde parmesaank­aas

plus ekstra om oor te sprinkel

VIR DIE SALIEBLARE • 12-15 salieblare

• 2 eetlepels (30 ml) botter

SÓ MAAK JY

Smelt die botter in ’n swaarboomk­astrol en roerbraai die ryskorrels tot dit oraloor met botter bedek is. Voeg ’n bietjie van die aftreksel en die saffraan by. Hou aan om die aftreksel lepel vir lepel by te voeg terwyl jy dit aanhoudend oor lae hitte roer. Die rys behoort ná ongeveer 20 minute sag te wees.

Voeg die pampoen en room by en geur die mengsel na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Roer ook ’n bietjie neutmuskaa­t en die parmesaank­aas by. Die risotto moet ’n fluweelagt­ige tekstuur hê en taamlik dik wees, maar steeds van die lepel afloop.

Maak die salieblare

Braai die salieblare in die botter tot dit verbruin.

Skep die risotto in individuel­e bakkies en sit dit voor met ’n paar druppels ekstra room, ’n strooisel gerasperde parmesaank­aas en die salieblare-en-botter. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa