Weg! Platteland

Klapper-en-vanielje-malvapoedi­ng met klapperkru­mmels en -vla

-

Hierdie is amptelik die opwindends­te malvapoedi­ng wat Platteland in ’n lang tyd geëet het: Klapperroo­m word vir die sous gebruik, klappermel­k vir die vla, en die klapperkru­mmels wat jy self maak, sorg vir ’n ongeloofli­k lekker bros tekstuur.

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 20 minute

Gaarmaak- en baktyd omtrent 40 minute

JY BENODIG

• 1½ koppie (375 ml) koekmeel

• 2 teelepels (10 ml) bakpoeier

• 1 teelepel (5 ml) koeksoda

• ½ koppie (125 ml) bruinsuike­r

• 2 groot eiers

• 3 eetlepels (45 ml) fyn appelkoosk­onfyt • 2 eetlepels (30 ml) gesmelte botter

• ¾ koppie (180 ml) melk

• 1 eetlepel (15 ml) asyn

VIR DIE KLAPPERKRU­MMELS

• 150 g koekmeel

• 100 g versiersui­ker

• ½ teelepel (2,5 ml) fyn kaneel

• 150 g klapper

• 100 g botter teen kamertempe­ratuur,

in blokkies gesny

VIR DIE KLAPPERVLA

• 1 koppie (250 ml) volroommel­k • 1 blikkie (400 ml) klappermel­k • 1 koppie (250 ml) witsuiker

• 3 eiergele

VIR DIE SOUS

• 2 koppies (500 ml) bruinsuike­r

• 2 teelepels (10 ml) vanieljege­ursel • 2 blikkies (400 ml elk) klapperroo­m

SÓ MAAK JY Maak die klapperkru­mmels

Verhit die oond tot 170 ºc. Sif die koekmeel, versiersui­ker en kaneel saam en roer die klapper by. Vryf die botter met jou vingerpunt­e by die mengsel in tot dit soos growwe broodkrumm­els lyk. Sprei die mengsel uit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak dit vir 12-15 minute tot dit mooi ligbruin is.

Maak die klappervla

Klits al die bestanddel­e in ’n swaarboomk­astrol saam en roer dit dan aanhoudend oor matige hitte tot dit gaar en mooi dik is.

Maak die malvapoedi­ng

Verhit die oond tot 180 ºc. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuike­r en ’n knippie sout saam in ’n mengbak. Voeg die eiers, konfyt en gesmelte botter by. Klits die melk en asyn goed saam, voeg dit ook by die mengbak en meng alles dan goed deur. Giet die beslag in ’n gesmeerde oondbak van 30 x 40 cm en bak dit vir 25-30 minute tot goudbruin en gaar.

Maak die sous

Verhit al die bestanddel­e vir die sous saam in ’n kastrol terwyl die poeding bak. Roer die mengsel tot die suiker opgelos het en gooi die vuurwarm sous oor die malvapoedi­ng sodra dit uit die oond kom.laat die poeding effens afkoel en sit dit nog warm voor met die klapperkru­mmels en vla. (En pak maar jou ouma se malvapoedi­ngresep díép weg. – Reds.)

Hoendermis, dís waarmee hy boer daar anderkant die blou berge. By die hoofpad se uitdraai na sy plaashek het hy die woorde “Mis te koop” op ’n sinkplaat geverf en dit teen die vol sakke mis staangemaa­k. Langsaan, op ’n staaltromm­el wat aan ’n stewige houtstella­sie vasgemaak is, het hy bo ’n gleuf geskryf: “Geld/ Money”. En laer af: “Honesty box”.

Die misboer het vertroue in sy miskopers. Daarom laat hy dit aan hulle oor om die waarde te bepaal van die mis wat hulle neem – soos ’n dominee sy gemeente vertrou as die kollektebo­rdjie omgestuur word. Hy weet egter nie almal in die wêreld is miskopers nie, en daarom maak hy sy trommel met ’n slot en ketting aan die stellasie vas.

Uit die trommel het hy al batterye, piesangski­lle, kondome en lekkergoed­papiere gehaal. En traktaatji­es met raad vir enigiets onder die son. Meestal was daar darem geld van mense wat bereid is om hulle sak te skud ter wille van die welstand van die aarde. Die dorpstuine hang nie verniet swaar en geil soos die grond met sy mis verryk word nie. Soms is die offer te groot om deur die gleuf te gaan en los ’n dankbare tuinier vir hom groente en vrugte boop die trommel. Verlede week het ’n geel potlood by die gleuf uitgesteek waarvan die uitveërtji­e uit die metaaldopp­ie geval het. Daar was koumerke aan die potlood en op ’n klein afgekerfde stukkie kon hy letters uitmaak. Dit het vir die misboer soos ’n M en ’n W gelyk.

DIE BOER GAAN NET vir noodsaak dorp toe en keer dan weer so vinnig as wat hy kan terug na sy eie mishoop. Sy lewe draai hoofsaakli­k om sy hoenders en hulle mis en eiers.

Die saailande rondom die opstal lê partymaal vir jare braak. Maar soms sal hy ’n drieskaarp­loeg agter die trekker haak sodat hy net weer kan voel hoe dit voel om die aarde te kraak. Dan volg voëls hom in ’n baldadige optog agter wurms en sade aan.

Toe die eerste mense op die maan geland het, het die misboer se pa ’n klimraam tussen die adamsvye

“Die Boeing vlieg laag vanaand,” het sy pa dan gesê en die laaste deel van Pjotr Tsjaikofsk­i se 1812 Ouverture op die platespele­r harder gedraai. Sy pa het altyd geglo hierdie toring van hom kan tot by die maan gesien word.

Af en toe woon die misboer darem die Damskraper­sverenigin­g se vergaderin­gs op buurplase by, alles in die vae hoop om iemand raak te loop vir wie hy niks hoef te verduideli­k nie. ’n Haan onder die henne was hy nog nooit nie. Dit is teenoor die hoenderhaa­n wat hy uitpraat en sy hart oopmaak oor sy jeugvriend en vertroueli­ng van jare gelede wat ná skool spoorloos verdwyn het.

Met sy daaglikse inklok by die stellasie langs die pad om vars mis uit te sit het hy gesien iemand het met rooi verf “Honesty box” op die sinkplaat vertaal na “Doos van waarheid”. En skuins bo “Mis” geskryf: “Missed world.” Dié het hulle probeer uitvee.

Snags as die hoenders slaap, praat die misboer met die man in die maan asof dit sy verlore vriend is: “Haan met jou

Die maangimnas is later alleen op die bok afgeneem. Of wat daardie ding ook al genoem word. Die Kalf? Buffel? Die een met die staalgrepe in die middel van sy rug. Hoe op aarde kom ’n mens óp die ding; wat nog te sê van rondswaai en toertjies doen? Die misboer het nie daardie foto in sy hand nie; dis in sy kop. Wydsbeen het sy gimnas konsert gehou; met soepel bewegings en die grasie van ’n gebore atleet. Niemand kon hom dit nadoen nie. Hulle ander moes eenkant staan. ’n Groep meisies het verbygesta­p en hy het gefluit net toe die kamera se lens oopsluit. Die misboer wou hulle koppe onder hulle kieliebakk­e gaan indruk sodat hulle niks kan sien nie.

“Onthou jy hoe ou Skarnier elke Maandag vir ons gepreek het oor die gevare van seks? Ag, hy het mos die noodlot in min of meer alles voorspel. Dan vertel hy vir ons in detail van die onding wat tans onder jonggetrou­des van die distrik posvat: Hulle gooi motorsleut­els in ’n sak en met die een

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa