Dubbele plesier
Geen ander plek is só diep in my wese vasgevang as Dubbelmond nie, daar waar die Quko- en Kumqotwanerivier lepellê en in die Indiese Oseaan digby Morganbaai in die Oos-kaap uitmond. Van kleintyd af klop my hart in my keel as ons die tweespoorpaadjie uit die dorpie soontoe vat. Ek kan my nooit die trappe van verrukking voorstel van wat wag nie: Hemels, hemelser, Dubbelmond!
Klokslag wanneer hierdie paradys voor my voete lê, selfs al sou dit die tienduisendste keer wees, staan ek stom oor die onvergelykbare prag wat my omvou.
Skemeraand kom streel dikkopmusikante my gemoed. Twee soorte, elkeen op sy eie instrument. Die een dikkop trek sulke lang weemoedige vioolstrepe; die ander vul dit aan met rusteloser dog ewe droefgeestige sarsies op die fluit. Hulle konsert skep gul ruimte vir introspeksie.
Die boshellings is oortrek met nabome wat vet vingerblare in kandelaarklosse omhoog hou. Dis een van hulle wat my dekades gelede amper my sig gekos het toe taai wit lymdruppels in my oë geval en my ooglede verseël het.
Vandag kyk ek na dié bosbedekte hellings met passie en respek in gelyke maat. En ek weet soos die nag dié toneel omvou, praat die bos met jou.
Boomdassies waarsku mekaar met histeriese geskal. ’n Naguiltjie prewel ’n melodieuse meditasie. ’n Agter
Morné du Plessis,
Dubbelmond sorg vir skouspelagtige uitsigte en luisterryke voëlkonserte. En selfs ’n tienduisendste aanskoue daarvan sal hom omboul, sê uitvoerende hoof van die Wêreldnatuurfonds van Suid-afrika (WWF). Dubbelmond, Morganbaai, Oos-kaap
dogtige bosbok blaf vraend. En ’n bosuil maak seker dat almal gister onthou... en môre bepeins.