Weg! Platteland

Hier skep ons sélf geleenthed­e

-

Waar is die platteland? Vir elke leser van hierdie tydskrif is die antwoord op dié vraag ’n ander plek.

Vir my is die platteland daardie plek waar niks eintlik naby is nie. Jy is nie naby ’n stad of groot dorp nie. Jy is nie naby groot winkels of “Woolies Foods” en deli’s nie. Jy is ook nie naby restaurant­e waaroor resensies gedoen word nie en ook nie naby kitskosple­kke nie. Jy is nie naby enige soort teater of vermaaklik­heidsplekk­e nie. Jy is naby niks nie en daarom moet jy vir alles wat jy wil doen, deeglik beplan, begroot en bereid wees om te ry.

Nieuwoudtv­ille is so ’n plek. Ons is nie te ver van Vredendal af nie (70 km) en Kaap toe is net 350 km. Ons het winkels wat in al die basiese behoeftes voorsien: ’n garage, koöperasie, slaghuis en kruidenier­swinkel.

Ons ken elke moontlike aflewering­sfirma en is meesters daarvan om geleenthed­e te soek en kry. Vir seker het ons die kuns van vra, pleit, manipuleer en organiseer bemeester om goed van daar ver af by ons afgelewer te kry. Familie, vriende en vriende van vriende help waar hulle kan – met groot waardering van die ontvangers.

Hier bak en kook ons en maak vir onsself kos. Ons kuier, braai en eet saam pleks daarvan om na ’n restaurant of kitskosple­k toe te gaan. Ons probeer nuwe idees en tegnieke en smake, en glo heimlik ons kan beter kosmaak as vele sjefs.

Wat is die punt wat ek probeer maak? Op so ’n ver plek skep ons sélf geleenthed­e om ons horisonne te verbreed. Ons dorp se vroue en gemeenskap is bedrywig met talle projekte en geleenthed­e, en een daarvan is die Kos-en-wynfees wat vanjaar die derde keer gehou is.

Die geleenthei­d daag ons op vele vlakke uit en beproef al die kennis wat ons opdoen deur slaafs na kosprogram­me te kyk en elke resepteboe­k te verslind. Ure en dae word

bestee om dekor, geregte en die regte wyne te beplan. Ons dink en oefen en sit dit dan uiteindeli­k feestelik voor.

Die tema vir 2020 is “In die woud”, en die dekoritems word verkry uit die omgewing, almal se kaste en selfs skrootwerw­e – en op kreatiewe wyse omskep in ’n palet van roes, goud en brons.

Die soel, warm somersaand begin met ’n gin bar waar jou drankie in ’n bolronde glas bedien word met bessies en kruie en sagte eetbare blomme. En die spyskaart is omtrent ’n fees: • Aartappel-en-preisop,

bedien in ’n goue uitgeholde pampoentji­e. Daarby kom chorizokru­mmels en ’n varsgebakt­e kaasbeskui­tjie. Wyn: Stellar Organics Chardonnay.

• Vars oesters bedien met grenadella-en-mentsorbet, iets wat vir die gemiddelde platteland­er ’n effens vreemde ervaring is. Wyn: Stettyn Family Vineyards Chenin Blanc.

• ’n Slaai van vars groen groente met biltong, groenvye en roomkaastr­uffel, afgerond met ’n heuningen-mosterdsla­aisous. Wyn: Doringbay Sauvignon Blanc. • Eend-en-pannekoeks­tapel voorgesit met versuikerd­e lemoenskil en skyfies vars lemoen, lemoenjell­ie en fyn geelwortel­s. Wyn: The Emily Chardonnay Pinot Noir.

Nou moet ons eers ’n blaaskans neem sodat die kos kan afsak om plek te maak vir die volgende sessie, en daarom geniet ons ’n basilie-en-mentsorbet as mondverfri­sser.

Tyd vir die tweede sessie: • Varkterrie­n met appelkosie­s en bosbessies, en bros varkrepies en bruschetta. Wyn: Maree Family Wines se Pieter and the Jackal

(’n versnit van shiraz en cabernet sauvignon).

• Fyngesnyde beeshaas voorgesit met ’n romesco-, chimichurr­i- en groenpeper­korrelsous. Die pêrel-couscous en roerbraais­ampioene met geroosterd­e tamaties is perfekte pasmaats. Wyn: Definitum Petit Verdot 2017. • Die ete word afgesluit met ’n dekadente nagereg van parmesaank­aaskoek, beskuitjie, vars pynappel,

’n suikerglas­bal en olyfoliedr­uppels – ’n kunswerk wat lyk soos ’n kaasbord en smaak soos ’n feetjie wat op jou tong dans. Wyn: Genevieve MCC.

Laataand kuier almal rondom ’n tradisione­le kaasbord en koffie, en ons weet sonder twyfel die platteland is goed vir jou siel en menswees.

Die platteland kan uiteindeli­k wees net waar dit wil, maar met die span se nabetragti­ng en kuier – en ’n bottel of twee wyn later – kom ons tot die slotsom dat hiér presies is waar ons wil wees.

Op die platteland waar niks naby is nie, werk ons saam, baklei en stry ons saam, lag en huil ons saam, kuier ons saam en verdra mekaar se swakhede… uiteindeli­k gee ons regtig om vir mekaar en vir ons dorp.

 ??  ?? Jy stap “die woud” binne en daar wag ’n goue pampoen op jou bord!
Jy stap “die woud” binne en daar wag ’n goue pampoen op jou bord!
 ??  ?? BO Die gaste geniet voor die ete iets uit die gin bar. Hier gesels John Miles en Saar Steenkamp met Dieter en Ronelle Zirkel. LINKS ONDER Die vleisgereg met sy drie souse – uit die boeke!
BO Die gaste geniet voor die ete iets uit die gin bar. Hier gesels John Miles en Saar Steenkamp met Dieter en Ronelle Zirkel. LINKS ONDER Die vleisgereg met sy drie souse – uit die boeke!
 ??  ??
 ??  ?? Alida Vlok van Loeriesfon­tein.
Vars oesters... in die Noord-kaap!
Alida Vlok van Loeriesfon­tein. Vars oesters... in die Noord-kaap!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa