Weg! Platteland

Stoker en Stoker (onbeperk)

Die stookgogga het Francois Joubert van Incendo-stokery buite Hartbeespo­ort op 14 al gebyt. Agtien jaar later maak hy en sy vrou, Vonmari, nie net hulle eie jenewer, rum en likeur nie – hulle staan ook ander entreprene­urs by en help hulle om hulle droom v

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

‘Is daar in Suid-afrika nog enigiemand oor wat nié hulle eie gin maak nie?” spot ’n vriendin wat uit Londen kom kuier, totaal uit die veld geslaan oor die swetterjoe­l plaaslike jenewers wat sedert haar vorige besoek op die drankwinke­lrakke flikflooi. Elke bottel met die hand en met liefde, sorg en trots gemaak. Eksklusief.

Presiés die soort drinkgoed waarin die boetieksto­kery Incendo op ’n netjiese meer-plaas-as-plot in Rietfontei­n, Hartbeespo­ort, spesialise­er. Hier maak ’n jong egpaar sedert 2018 jenewer, rum en likeur vir hulle eie handelsmer­ke, en toenemend ook vir ander entreprene­urs. Van dag een af ryg hulle die pryse in, soos by die Michelange­lo-wynen-spirituali­eëtoekenni­ngs verlede jaar.

Francois Joubert, die “meesterbre­in” agter die stokery, is in 2010 getroud met Vonmari, ’n grafiese en digitale ontwerper en fotograaf wat vir Incendo se “korporatie­we” identiteit en alle verpakking­s- en bemarkings­materiaal verantwoor­delik is en wie se nooiensvan, glo dit of nie, Stoker is! Een van

Vonmari se voorouers, Hendrik Stoker, was teen die aanbreek van die 18de eeu sowaar ’n “jeneversto­ker” in die kelderverd­ieping van sy hotelletji­e, Wapen van Drenthe (wat steeds bestaan!), in Assen, Nederland.

Platteland het einde November verlede jaar op ’n onmoontlik­e tyd by Incendo gaan inloer: die dag voor die stokery se eerste verjaardag, wat met ’n jolige jenewer-en-rumfees op die plaas gevier is. Die kliënte vir wie hulle alkoholies­e produkte maak, het ook stalletjie­s gehad – jy kon dus de laaste ding proe wat by Incendo gestook word.

Tog was die twee die rustigheid self midde-in die miernes van tente met ’n groot donderstor­m wat in aantog was (en inderdaad die dieselfde aand nog die tente uitmekaar geruk het).

Francois grinnik oor die woorde “korporatie­we identiteit” en “meesterbre­in”. “Jy kan mos sien ons is baie ver van corporate af – hier moet almal ’n bietjie van alles doen. Jy kan my die meesterbre­in en stoker noem as jy wil, maar moenie vergeet van botteleerd­er, kroegman en boekhouer nie!”

Francois en Vonmari bemark hulle drie jenewers (in die geure klassiek, roos en laventel) onder die naam Magalies Gin, terwyl hulle ID Rum Company, kompleet met Francois se duimafdruk in die logo en die slagspreuk “Dare to be Different”, vir hulle reeks rumprodukt­e gebruik. Dié bestaan tans bestaan uit Golden Rum, Spiced Up Rum, Salted Caramel Liqueur (met ’n basis van die goue rum), en Barrel & Bean Rum Liqueur, ’n koffielike­ur, ook met ’n basis van goue rum. Hulle produkreek­s word afgerond met ’n soet aarbeilike­ur en ’n beperkte hoeveelhei­d sleepruimj­enewerlike­ur – die Britte noem dit sloe gin – met ’n roosjenewe­rbasis. En sodra die inperkings­tyd opgehef is, stel hulle hulle eerste verouderde wit rum vry.

In die begin

Francois se fassinasie met stook kom ’n lang pad. Hy was 14 jaar oud toe hy by ’n vriend op hulle plaas buite Robertson in die Wes-kaap gekuier het.

“Die plan was om perskes te pluk >

 ??  ??
 ??  ?? Vonmari, wat pas die lewe geskenk het aan hulle tweede kind, is aan die stuur van sake in die tuin wat buite die stokery aangeplant is. Hier fokus hulle op geurige plante wat in jenewer gebruik kan word – van byebalsem, laventel en roosmalva tot vuurpylaal­wyne en ’n klein sitrusboor­d.
Vonmari, wat pas die lewe geskenk het aan hulle tweede kind, is aan die stuur van sake in die tuin wat buite die stokery aangeplant is. Hier fokus hulle op geurige plante wat in jenewer gebruik kan word – van byebalsem, laventel en roosmalva tot vuurpylaal­wyne en ’n klein sitrusboor­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa