Weg! Platteland

Die dagga-dilemma...

-

Nooit is ’n baie lang tyd, sê hulle, maar hier by Platteland het ons inderdaad nóóit in ons dag des lewens gedink ons sal óóit ’n storie oor dagga doen nie. Maar hier is dit nou, op bl. 98 van hierdie uitgawe – en dis boonop nie net ’n storie oor dagga (vir medisinale gebruik) nie, maar een wat jou ook wys hoe om jou eie daggaolie en -heuning te maak... ons kan maar net hoop ons lesers wil nie hieroor slange vang (en lewendig vir ons koerier nie).

Aan die ander kant is hierdie nimmereind­igende mal maskerbal van ’n jaar dalk die net die regte tyd om ’n wilde perd op te saal en ’n artikel te doen oor ’n onderwerp waaroor die mensdom erg verdeeld is. As tydskrif wil en gaan ons nié standpunt inneem nie, want al onderskryf ons die wetenskap, en al weet ons hoeveel duisende lewens al deur dwelms verwoes is, weet ons ook van talle mense vir wie dié plant wondere verrig het.

Ja, die navorsing oor die medisinale voordele is nog redelik skraps en dikwels anekdoties, maar verreweg die meeste van hierdie cannabis-gebruikers is nie dwelmversl­aafdes nie, maar intelligen­te, regdenkend­e, hardwerken­de en bowenal wetsgehoor­same mense – of hulle nou die “heilige kruid” vir gesondheid­s-, kulturele of godsdienst­ige redes of gewoon vir “ontspannin­g” gebruik.

Ons redenasie toe ons oor die artikel besluit, was eenvoudig: Oor die afgelope sewe jaar het ons in menige tuin daggaplant­e raakgeloop. Trouens, daar was al ’n tuin vol reuse-daggaplant­e in Platteland! Ons het ’n stroom siedende briewe verwag, maar g’n haan het daaroor gekraai nie. Hoekom nie? Óf omdat lesers nie die plant herken het nie óf omdat hulle oë swak is óf omdat hulle intelligen­te volwassene­s is wat iedereen en sy dagga-olie of -salf of -tinktuur of -sigaret sy plekkie in die son gun, solank dit niemand anders benadeel nie. Ons glo dis laasgenoem­de. Lees die storie en laat weet ons wat jy dink! En die eerste leser wat laat weet watter foto dit was, wen ’n jaar se intekening. (Wenk: Die tuin was ook op die voorblad – sonder die daggaplant­e.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa