Weg! Platteland

Ek móés eers my kop stamp

-

Hoewel Platteland al sedert einde 2013 op die rakke is, het ek dit maar eers op my 32ste verjaardag ontdek. Dit is presies ses dae gelede.

Hoe verder ek deur die tydskrif lees, hoe meer voel ek ek het pas my bybel gevind! Nie net bevat dit artikels wat my leer oor die onderwerpe wat my na aan die hart lê nie, maar die stories inspireer my ook om steeds aan te hou glo in die moontlikhe­id om so ’n ideale lewe te hê.

Vier jaar gelede het ek omtrent al my besittings verkoop en die pad gevat Tuinroete toe. Ek wou dinge stadiger vat, nader aan die natuur bly en goeie verhouding­e met die gemeenskap opbou. Ongelukkig was dit nie so maklik as wat ek gedink het dit sou wees nie. Ek dink nie ek het al ooit my kop so hard gestamp nie!

Om op ’n klein dorpie te woon kan baie uitdagend wees. Ek moes eers terugkeer stad toe om werklik te verstaan watter lesse ek uit my ervarings kan leer.

Maar ek het nie my droom begrawe nie. Ek is steeds vasbeslote om dit deur te sien – hoewel effens versigtige­r en dié slag met meer verstand!

Nou het ek darem iets om my daarmee te help.

Ek wil graag een eksemplaar van elke tydskrif tot en met uitgawe #26 kry. Hoeveel sal dit my kos? En is ’n betaalplan moontlik?

Ek hou styf duim vas wanneer ek voor my 40ste verjaarsda­g te staan kom en terugkyk oor ’n montage van kosbare herinnerin­ge dat ek hierdie e-pos en die gevolge daarvan daaronder sal kry. Vilien-miri Coetzee CLAREMONT, KAAPSTAD

Ons het inderdaad eksemplare van die meeste vorige uitgawes – stuur gerus vir ons ’n e-pos na

helloplatt­eland@gmail.com. Lees ook op bl. 72 Alan Duggan se storie oor sy soektog na mense vir wie die platteland nié gewerk het nie. – Reds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa