Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Pietersare­l de Bruyn

Eienaar, J&S Store

Sy is op Tesselaars­dal gebore en woon nog altyd hier, vertel Cameron, wat besig was om wasgoed op te hang toe Platteland ongenooid daar opdaag. Hoewel die winkel hier reg onder die huis haar familie s’n is, sien sy die afgelope twee jaar om na haar ouma Riena Stewart, wat pas op 12 Junie haar 105de verjaardag gevier het.

“Ouma is totaal en al doof, maar sy bad haar nog self, en ek help haar smôrens tot hier binne om brekfis te eet – en alles moet vleis wees, hoor! Dan gaan lê sy miskien ’n bietjie, en dan bring ek haar hier na die sitkamer toe om in die sonnetjie te sit en buitentoe te kyk. Sy is glad nie moeilik of veeleisend nie en haar geheue is ongeloofli­k – sy onthou álles!”

Deesdae, vertel Cameron, rus antie Riena meestal. Omdat haar gehoor so agteruitge­gaan het, kyk sy lankal nie meer TV nie, en al het sy altyd graag gelees, kan sy ook dit nie meer doen nie omdat haar oë te veel traan.

Cameron is 39 jaar oud en hou van die lewe op Tesselaars­dal. “Hier groet almal mekaar, hoewel party van die nuwe mense jou net so kyk. Gelukkig is hier baie inkommers wat ordentlik en vriendelik is – en goed vir die dorp.”

Tog het baie dinge verander, en nie ten goede nie. “Destyds kon jy met oop deure slaap, maar nou nie meer nie. En werklooshe­id is ’n groot probleem. Die meeste mense doen bouwerk, en meestal op Caledon. Hier is net een taxi wat wat soggens ry en saans weer terugkom .

“Dis nie meer so lekker hier nie, want waar die berge voorheen almal s’n was, praat geld nou die hardste.” Sy bly ’n oomblik stil. “Maar ek sal nie hier weggaan nie, want hier kan jy darem nog in die aande loop.” >

Eienaar van Die Hoenderhok-verblyf

Dewan het net meer as ’n jaar gelede sy plasie van 6 ha uit ’n boedel gekoop. “Die vorige eienaar het duidelik ’n visie gehad, maar geen planne nie. Dit was basies net die leë doppe van geboue, en dit het ongeloofli­k baie werk nodig gehad. Én ons moes hope indringerp­lante uithaal!”

Dewan, wat al 16 jaar op internasio­nale oliebore werk, was gelukkig genoeg om letterlik die laaste mens te wees wat sy skip in Palermo, Italië, verlaat het voor dit in kwarantyn geplaas is weens die Covid-19-pandemie. En dit was net mooi ’n week voordat die grendeltyd in Suid-afrika afgekondig is – dus kon hy hom huis toe haas.

“My vrou, Valerie, en haar kind, die 9-jarige wyfiekat Blom, woon nog op Onrus waar sy en haar ma saam ’n skoonheids­alon net buite Hermanus bedryf. Ons huur die huis op Onrus by die kat, en ’n vriend van my wat ewe gaande is oor Blom, pas die plek op wanneer ons hier is. Ons is gewoonlik naweke hier op die plaas.”

Dit is sy vriend Johan Hayward wat Tesselaars­dal aan hom bekend gestel het, sê Dewan. “Hy het my vertel van die rustigheid hier... Ek onthou hoe ons een slag in Johan se spaarkamer op Liefland oorgeslaap het. Dit was só donker en tjoepstil dat ek daardie oggend eers 09:00 wakker geword het – dít terwyl ek elke dag van my lewe om 06:00 opstaan!

“Ek is mal oor die rustigheid, die mense, die atmosfeer en die vars lug. Die stilte! En dit is veilig hier – die meeste misdaadvoo­rvalle is maar klein inbrake.”

Wat mis hy hier in die middel van nêrens? “Niks nie. Ek kan jou eerder sê wat ek nié mis nie: die geraas en die gejaag en die traffic en die 6 000 honde wat gelyk blaf. Die grootste probleem hier is seker maar die pad hierheen wat soms in ’n slegte toestand is, veral ná goeie reën.

En van waar die naam Die Hoenderhok? Dewan glimlag. “Ek is ’n Henn en Valerie ’n De Kock... ek gaan waarskynli­k die naam registreer as Die Hoenderhok Estate – of dalk die Hennehok, hoewel almal dan sal weet my vrou is die baas!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa