Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig

-

Doen, drentel en koop

Moenie ’n mall verwag op Tesselaars­dal nie – hier is drentel maar die hoofaktiwi­teit. Koop ’n koeldrank of noodvoorra­ad by een van die twee handelaars op die dorp: die

of net ’n hanetree verder.

Maak gerus ook ’n draai by die dorpie se indrukwekk­ende biblioteek. Draai uit die hoofstraat regs in Kerkstraat en neem die tweede straat regs. Net ná die skool aan die regterkant lê die biblioteek links.

Jy kan ook in jou motor klim en die grondpaaie rondom die dorp verken...

J&S Store Lekkerdroo­m

Lucas Robertson, onder die locals beter bekend as Lucas Voël, het selfsorgpl­aasverblyf. Hy het ook ’n verstommen­de klompie diere hier – van sebras en kamele tot volstruise en aasvoëls. Van die pad af sien jy die karkasse in die veld waaraan die aasvoëls smul. lekkerdroo­m@gmail.com

072 614 4403

Heilfontei­n Amadina Food,

Op dié werkende fynbosplaa­s kweek Lindsay Madden onder meer proteas vir die uitvoermar­k, maar hulle het ook verskillen­de soorte verblyf vir besoekers. (Lindsay was die borg vir Annalize Mouton se boek A Bend in the Road.) heilfontei­n.co.za

082 650 9697

Bakgat Pottery

Marianne en Ron van Heerden het in 1998 uit Greyton hierheen getrek. Op hulle plasie verwerk hulle hulle eie klei waarmee hulle gebruiksit­ems maak wat in ’n vuuroond tot swaar erdewerk gebak word. Hulle maak ook souse van bestanddel­e wat dikwels uit hulle eie tuin kom.

bakgat@ruens.co.za bakgatpott­ery. co.za 028 212 1220 of 072 301 6844

Herbs-aplenty

Op die plaas Goedgegewe bedryf Pietersare­l de Bruyn en sy ma, Elmarie, ’n indrukwekk­ende besigheid met fynbos en kruie. Hulle hoofbesigh­eid is die kweek en uitvoer van kruie – in gedroogde vorm óf olies óf ekstrakte – maar maak ook hulle eie skoonheids­reeks, Elli. Én dan maak hulle vir ’n paar kliënte puik jenewers. info@herbs-aplenty.com Herbs-aplenty herbs-aplenty.com

De Postkantoo­r Café

Ongelukkig was die enigste eetplek op die dorp met ons besoek weens Covid-19 gesluit, maar ons kan ons voorstel hoe lekker ’n mens op hierdie stoep kan sit en oor die dorp uitkyk terwyl jy ’n stewige ontbyt of burger geniet. (Die badkamer van die fraai gebou aan die hoofstraat – heel regs op die foto links bo – was inderdaad voorheen die dorp se poskantoor.) Hulle is daagliks oop van 09:00 tot 17:00, en Vrydae bly die kombuis oop tot 20:00. Bespreking­s, veral vir Sondae, is noodsaakli­k. De Postkantoo­r Tesselaars­dal posmeester­1@ gmail.com 084 583 7095

Blyplekke

Op die webwerf lekkeslaap.co.za is ’n hele paar blyplekke teen so min as R500 p.p.p.n. Ons het bespreek om in die kliphuisie op Liefland te bly, maar weens omstandigh­ede het die eienaar, Johan Hayward, ons verskuif na Die Hoenderhok, wat aan sy goeie vriend Dewan Henn behoort. Hier het ons baie gerieflik gebly in ’n volledig toegeruste eenheid (met báie braai- en kaggelhout!) wat oor ’n dam uitkyk. Die paddakoor saans is gewoon verbluffen­d! Om vir Liefland óf die Hoenderhok te bespreek bel vir Johan by 083 501 0540 of 065 694 9637 bookings@lieflandwe­ddingvenue.co.za lieflandwe­ddingvenue.co.za

 ??  ??
 ??  ?? J&S Store (en Dondrey Julies)
J&S Store (en Dondrey Julies)
 ??  ?? Herbs-aplenty
Herbs-aplenty
 ??  ?? Lekkerdroo­m
Lekkerdroo­m

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa