Die wandelende wilger
Dit is haar liefde vir die argitektuur, geskiedenis, reis en haar ma se geliefde Blue Willow-versameling wat ’n jong argitek en illustreerder van De Doorns, geïnspireer het om dié geliefde boom reg oor die wêreld te laat wortel skiet.
is vir seker op my reislys. Omdat ek so baie navorsing oor elke stad doen voordat ek besluit wat om te teken, voel dit tog op ’n manier of ek daar was.
Ek het nie die stede uit ’n spesifieke, realistiese hoek geteken nie. Ek het dit probeer, maar gou besef dit is dan onmoontlik om al die interessante geboue en elemente in te pas wat ek wil gebruik. Daarom het ek ’n bietjie kreatiewe vryheid gebruik en van die geboue en natuurlike elemente so effens rondgeskuif.
Dit was interessant om die ikoniese geboue in die stede te bestudeer en só te probeer teken dat ek hulle persoonlikheid kon wys. Ek wou die karakter en gevoel van die geboue en stad uitbeeld eerder as om dit heeltemal realisties te teken.
Vir Amsterdam, byvoorbeeld, het ek die fietse, kanale en huisbote ingeteken.
En dit was interessant om te ontdek dat Tokio baie van sy geboue “afgekyk” het by ander stede soos Londen en Parys – die Gherkin en Eiffeltoring vorm byvoorbeeld deel van dié Oosterse landskap.
Die Willow-ontwerp bestaan uit ’n paar spesifieke elemente (sien die kassie op die oorkantste blad). Hoe het jy dit deel van elke stadstudie gemaak?
Die Willow-patroon het hom die afgelope meer as 200 jaar só slim bly aanpas en is al op soveel verskillende maniere gebruik dat dit my so ’n bietjie kreatiewe vryheid gegee het.
Ek het besluit die wilgerboom moet elke keer die hooffokus van die stadskets wees. En dieselfde wilgerboom moet dan van stad tot stad “reis”. Dit is amper asof die wilgerboom ’n selfie neem in elk van die verskillende stede.
Ek moes natuurlik ook die twee voëls, wat die verliefdes in die oorspronklike storie verteenwoordig, inbring. Dit maak nie saak waar in die wêreld jy reis nie, daar is altyd voëls wat baie tuis lyk. Én natuurlik verliefdes.
Waar ’n stad dit toegelaat het, het ek die ander elemente probeer inbring.
En toe verander die sketse in borde...
Ek het foto’s van die Willow-sketse op my Instagramblad gedeel en mense het aangeneem dis borde. Dit het my natuurlik aan die dink gesit... en ek het besluit om te kyk wat sal gebeur as ek ’n kans vat en dit wel op borde laat druk.
Ná heelwat navorsing het ek op die keramiekkunstenaar Mervyn Gers in die Kaap afgekom. Sy ateljee was presies wat ek in gedagte gehad het. Hy maak sy eie klei en keramiekglasuur in Kaapstad en bemagtig plaaslike werkers. En alles word met die hand gedoen.
Die Blue Willow-borde word in honderde fabrieke reg oor die wêreld gemaak, en hoewel daar effense variasies is op die oorspronklike ontwerp, moet elke stuk oor die volgende kenmerke beskik voordat dit as eg beskou word:
• wilgerbome
• ’n boot
• ’n pagoda of teehuis
• ’n bruggie met drie figure
wat oorstap
• twee voëls in vlug
Volgens oorlewering begin die verhaal by die pragtige dogter van ’n invloedryke man wat verlief geraak het op haar pa se sekretaris. Toe Pa daarvan uitvind, het hy die sekretaris verban en ’n hoë heining gebou om sy dogter binne te hou – sy kon slegs by die water en die wilgerbome gaan stap.
Sy was in sak en as... totdat sy ’n boodskap van haar geliefde kry. Hy het haar op ’n groot banket kom red, maar haar pa het hulle gesien en hulle oor die brug agterna gesit. Hulle het weggekom, maar jare later het die pa hulle ingehaal. Die minnaar is om die lewe gebring en die dogter het ook gesterf. Omdat die gode hulle jammer gekry het, is hulle in duiwe verander... sodat hulle vir ewig saam kan vlieg.