Weg! Platteland

Leef volhoubaar... en pluk die vrugte

-

Buiten die voor die hand liggende redes om ’n volhoubare lewenstyl te volg en sagter met die aarde te werk het Tamar en Mark ook ander goeie gevolge begin sien. Hulle spaar geld deur hulle eie elektrisit­eit op te wek, hulle eie kos te kweek en nie vleis te eet nie. Met dié dieetveran­dering het hulle nie net gewig afgeskud nie, maar albei het boonop ’n groter huppel in die stap. Pleks daarvan dat hulle hulle lewenspeil moes verlaag, het die klein treetjies wat hulle op hierdie pad gegee het, hulle lewe béter gemaak.

SO MET DIE JARE het Tamar en Mark van omtrent die helfte van hulle grasperk ontslae geraak en dele daarvan vervang met Mexikaanse tapytgras. Dit floreer in ’n subtropies­e klimaat, groei nie hoog nie, aard in die skaduwee en hoef nie so dikwels gesny word nie. In die droër maande bly dit ook groener. Omdat hulle op ’n vleiland lê, hoef hulle ieder geval nie die gras nat te maak nie.

“Hierdie was ’n gevestigde Laeveldse tuin met Australies­e silwereik-, kanferen jakarandab­ome. Ons het ’n groot klomp uitheemse bome uitgehaal en dit vir vuurmaakho­ut gebruik,” sê Tamar. Sedert sy tienerjare plant Simon ook al wildevyebo­me naby die ongewenste­s – dié kruip dan hulle teen die stam op en neem uiteindeli­k oor.

Mark, Tamar, Maru en Simon se laeonderho­udsbenader­ing strek tot in die organiese groentetui­n. “Dit is die permakultu­urgedagte van sirkels binne sirkels – die idee is dat die natuur die werk vir jou doen,” verduideli­k Mark. Hulle het voorheen ’n komposhoop in ’n houtraamwe­rk gehad, maar dié moes elke ses maande omgekeer word en boonop het dit rotte gelok.

Toe hoor hulle van verskuifba­re hoenderhok­ke – sogenaamde tractors. “Ons hele tuin is só ontwerp dat die hokke oor die beddings pas. Die kombuisafv­al word dan daarin gegooi, die hoenders pik uit wat hulle wil eet en begrawe die res,” sê Mark. “Hulle bemes die grond, ons hoef nie deur kompos te dolwe nie, hulle vreet die goggas en ons het geen rotte nie. Elke twee weke skuif ons die hokke. Die hoenders is boonop gesonder omdat hulle verskuif word voordat patogene soos myte kan opbou.” >

Tamar erken soms voel dit of hulle met dié leefstyl téén die stroom swem. “Ons het ’n ruilstelse­l in die gemeenskap probeer sodat niemand met geld hoef te werk nie. Dit was ’n ruk lank heerlik, maar dit het nie gewerk nie... Jy het meer mense nodig wat eenders dink.

“En dan is Laevelders nogal konserwati­ef as dit by die klimaatskr­isis kom – hulle glo maar net blindeling­s ’n hoër hand sal ingryp en die krisis oplos.”

EEN GROOT VOORDEEL daarvan om in die Laeveld te woon is die natuurlewe. Die egpaar kan nie meer byhou met al die voëls wat hulle al hier gesien het nie, maar die informele lys sal enige voëlliefhe­bber se oë laat blink: gevlekte vleikuiken­s, bosuile, witwanguil­e, nonnetjies­uile, visarende, lepelaars, vlermuisva­lke, vier soorte visvangers...

Simon het ook verskeie kamerastri­kke op die plaas geïnstalle­er en hulle was bevoorreg genoeg om ’n rits besonderse besoekers te kry: witwasjakk­alse, dassies, sivetkatte, tierboskat­te, ystervarke, muishonde en bosvarke. Simon deel sy foto’s en inligting met die Virtuele Museum van Afrika-soogdiere, ’n webwerf en databasis vir dierekarte­ring.

As die gesin nie in die berge rondom die Panoramaro­ete gaan stap nie, verken hulle die veld rondom die plaas en dorp. “Dit is interessan­t om te sien hoe die biodiversi­teit oor die jare toegeneem het,” sê Tamar. “Ek dink die macadamias het iets daarmee te doen. Die gifstowwe wat daarop gespuit word, is ’n ramp vir die bye – ons het twee korwe verloor – maar gelukkig nie vir die jakkalse, duikers en bosvarke nie. Ek dink hierdie het vir hulle ’n inheemse woud geword.”

Hulle maak ’n punt daarvan om strikke te verwyder wat hulle op hulle

Mark en Tamar gebruik ’n doelgemaak­te wurmplaas. Drie plastiekho­uers wat met mekaar verbind word, word bo-op mekaar gestapel. Kombuis- en tuinafval word in die boonste houer geplaas – hier vreet die wurms die kos, terwyl hulle mis, bekend as wurmkompos, in die houer onder dié een versamel word. Wanneer hierdie houer byna vol wurmkompos is, word dit leeggemaak en opgeskuif boontoe. Die wurmtee word in die heel onderste houer opgevang.

Jy kan jou eie wurmplaas maak deur plastiekkr­atte te gebruik – die soort waarmee mense gaan kamp (bekend as ammokiste). Boor net gaatjies in die boonste twee en sit ’n kraantjie in die onderste een (In die Lente 2014-uitgawe van Platteland – #4 – het ons stap-vir-stap-aanwysings gegee.)

Mark en Tamar het eers ’n ou bad gebruik vir hulle wurmplaas – die tee is van die uitloopgaa­tjie na ’n emmer herlei – maar ook dit het kort voor lank rotte gelok. ’n Stapelstel­sel met ’n deksel bo-op werk veel beter. wandeltogt­e raakloop – Simon het al by die 600 gekry. Dit is duidelik die appel het nie ver van die boom geval nie.

“Ek dink dit is belangrik om dit as ’n proses te beskou, sê Mark oor hulle groen leefstyl. “’n Mens moet maar één ding op ’n slag takel.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Besoekende kunstenaar­s bly oor in die Waterfield-gastehuis, ’n selfsorg plek met drie slaapkamer­s, wat deur bome van die hoofhuis geskei word. Dit was voorheen die plaas se oorspronkl­ike woonhuis.
Besoekende kunstenaar­s bly oor in die Waterfield-gastehuis, ’n selfsorg plek met drie slaapkamer­s, wat deur bome van die hoofhuis geskei word. Dit was voorheen die plaas se oorspronkl­ike woonhuis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa