Weg! Platteland

Motiveer jouself

-

Die geheim van stap is om dit gereeld te doen. Hou gerus ’n wortel voor jou neus sodat dit vir jou lekker en interessan­t bly.

• Skaf vir jou ’n soos ’n Fitbit Charge 2 aan – hulle is relatief goedkoop en gee vir jou al die basiese inligting soos jou hartklop, die aantal treë wat jy per dag gee, hoeveel jy elke uur beweeg (jy word met ’n vibrasie herinner as dit tyd is om op te staan en te beweeg!) en hoeveel kalorieë jy verbrand het. Jy laai die app op jou slimfoon af en kry dan weeklikse statistiek­e – ook van jou slaappatro­ne. Stel vir jouself ’n doelwit met die aantal treë en stoot dit gereeld op. ’n Goeie mikpunt is 10 000 treë per dag, maar as jy gewoonlik net 2 000 per dag stap, kan jy dit stelselmat­ig opstoot: eers 3 000, dan 5 000 en ál hoe hoër. (Op die langste skof van die Portugese camino het ek op een dag 38 000 treë gegee en, ja, dit oorleef!)

• Min dinge sal jou so klokslag herinner dat dit staptyd is as As jy nie ’n hond het nie, kan jy ook iemand op die dorp bevriend wat elke dag saam met jou kan gaan stap. is goed, selfs al stap julle ook in stilte.

• Maak dit vir jouself lekker deur ’n te pak – ’n bottel vol koue water en ’n energiesta­fie sal deug. Stop langs die pad om water te drink en jou aan ’n mooi plant of uitsig te bewonder. Dit is nie ’n kompetisie nie.

• As jy regtig te moeg voel, slaan ’n dag oor, maar probeer om nooit twee dae ná mekaar leeg te lê nie.

• Laat jou arms saam werk om momentum te gee en haal ook ritmies asem. Vir my werk dit dit beste as ek my op my regtervoet instel: twee treë inasem, ses of agt treë uitasem. Dit leer jou dieper asemhaal en ekonomies werk met jou teue. En haal diép asem, soos ’n sanger: Jou skouers moet nooit lig nie; laat eerder jou ribbekas uitsit en laat jou diafragma saam werk sodat die lug jou hele buikholte vul.

• Hou te alle tye jou maagspiere – jou core – styf sodat jou word.

• Kies ’n roete wat vir jou is. En probeer elke dag ’n ander koers inslaan sodat jy nie verveeld raak nie. Op- en afdraandes kikker sake ook op!

fiksheidst­oestel Enige geselskap Luister na jou liggaam. Kom in ’n ritme. rugsakkie met verversing­s asemhaling­sritme mooi of interessan­t ’n hond. rug ondersteun

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa