Weg! Platteland

Voel verbode grond onder jou voete

-

Vir die meeste mense is ’n ”Sperrgebie­t” soos die een in die Namib-naukluftpa­rk suid van Walvisbaai ’n verbode plek. Slegs 4x4-operateurs met ’n private konsessie mag hier kom, maar jy kry nou die kans om oor dié verlate kusstrook met sy reuseduine te stap.

Elke dag van die Namib100 bied iets besonders – hier kry jy ’n veel groter verskeiden­heid van landskappe as wat jy jou kan voorstel. Jy sien duisende voëls, maar ook robbe, jakkalse en dalk selfs gemsbokke en bruinhiëna­s. Jy is diep in die duine en kamp onder die sterre – ver van die beskawing en die tegnologie af.

Elke dag stap jy ver, maar die terrein is glad nie tegnies nie. Gou-gou voel jy soos een van die enigste mense op aarde.

Die Namib is een van die oudste woestyne op aarde, en op die oog af lyk dit asof niks hier kan lewe nie. Maar kyk ’n slag nader en jy sien unieke plante en diere wat aangepas het by dié omgewing se uiterstes. Namate jy verlate gehuggies verken – plekke waar diamantdel­wers meer as ’n eeu gelede hulle fortuin kom soek het – ontvou die geskiedeni­s van hierdie besonderse wildernis.

AANKOMS WALVISBAAI

Ons stel voor jy arriveer ’n dag voor die staptog op Walvisbaai, waar ’n verpligte inligtings­essie en aandete by Lagoonchal­ets gehou word.

DAG 1 21km

Die groep stappers sal met 4x4’s gebring word tot by Modderbank­ies, waar die Kuisebrivi­er eeue gelede in die oseaan uitgemond het. Die versteende modderwall­e is vandag nog sigbaar.

Van hier af stap jy strandlang­s na Sandvishaw­e, waar water deur die duine filtreer en in die strandmeer uitsyfer. Hierdie mikroklima­at lok duisende voëls en die hawe is in 1995 tot ’n Ramsar-bewaringsg­ebied verklaar.

Die dierespore hierlangs verklap dat julle nié die enigste lewende wesens hier is nie. Die laaste deel van die dag kan jy

óf kuslangs óf binnelands oor ’n klompie duine stap voor jy jou kampplek vir die aand bereik.

DAG 2 25km

Vandag stap jy verby kolonies robbe op pad na die Langewand, ’n deel van die kus waar die kusduine met hulle voete in die see staan. Hier kan jy die 15 km van die Langewand net met laagwater aandurf.

DAG 3 24km

Op dié dag stap jy verby die wrak van die Shawnee, ’n vistreiler wat in 1976 gestrand het – soos menige ander skip aan die Namibiese kus. Dan kies jy koers binneland toe, woestyn-in, totdat jy hoog bo-op ’n duin ’n skouspelag­tige kampplek bereik.

DAG 4 20km

Jy sien vandag ’n totaal ander gesig van die Namib wanneer jy uit die duine stap tot op ’n gruisvlakt­e waar kleiner diertjies soos die witdamespi­nnekop en vetplantji­es jou aandag trek. Die interessan­te geologie van die gebied word weerspieël in die wit kwartsstre­pe op die grond wat deur swart lawavelde afgewissel word. Dit is hier waar diamantmyn­ers deur die gruis gesoek net na blink klippies – toegang was só beperk dat dit tot ’n spergebied (of Sperrgebie­t) verklaar is. Vanaand kamp jy langs ’n verlate mynnederse­tting waar die geboue lankal onder woestynsan­d toegewaai het.

DAG 5 11km

Nou mik jy weer kus toe, oor pienk soutpanne en ’n oeroue seebodem wat besaai lê met skulpe. In die verte gewaar jy af en toe die wrak van die Eduard Bohlen, wat stadig ál groter word in jou gesigsveld. Die staptog eindig by die wrak – hier vier ons dit met ’n groot glimlag en ’n glas vonkelwyn. Daar wag wel nog ’n bietjie pret, want jy word in ’n 4x4 oor van die wêreld se hoogste duine na jou laaste kampplek vervoer.

DAG 6 Vaarwel!

Ná ’n heerlike ontbyt word die groep na Walvisbaai teruggebri­ng.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa