Weg! Platteland

Perde as ‘terapeute’

-

Die interaksie tussen mense en perde is deesdae ’n studieveld bekend as mense met talle emosionele en gedragsuit­dagings kan help.

As jy mooi nadink oor die eienskappe van perde, is dit glad nie so ’n vreemde of vergesogte gedagte dat dié diere deesdae as “behulpsame assistente” op die gebied van sielkundig­e en fisieke terapie en kognitiewe leer gebruik word nie.

Perdeterap­ie is al met groot sukses ingespan om toestande soos matige tot ernstige angsverste­urings, posttrauma­tiese stresverst­euring, depressie, aandaggebr­ekhiperakt­iwiteitsin­droom, verslawing, trauma, eetstoorni­sse en melancholi­e te behandel, maar dis moeilik om agter te kom presies wanneer dit begin veld wen het. Profession­ele liggame soos die Equine Assisted Growth and Learning Associatio­n (EAGALA) is byvoorbeel­d eers in die laat jare negentig gestig.

“Wanneer na jy na jou perd kyk, is dit kompleet asof jy na jouself in ’n spieël kyk.

Alida Kemp

(EAT) wat verduideli­k – en deel haar storie.

Jy kan nie enigiets vir die perd wegsteek nie. Dit is waarom, as jy jouself oopstel daarvoor, ’n perd jou baie oor jouself kan leer,” verduideli­k Donna Amanda van Wyk, wat werk as vrywillige­r by LIV Village Durban, ’n sentrum vir wees- en kwesbare kinders in Verulam, waar perde as “terapeute” gebruik word.

“Al ons onsekerhed­e, vrese en angste kom na die oppervlak deur middel van die perd, maar dit gebeur só sagkens dat dit glad nie oorweldige­nd voel nie. Solank jy nie blindeling­s voortstorm nie en eerder elke kwessie mooi hanteer, sal die genesing weldra kom.”

Perde kan kommunikee­r en onmiddelli­k reageer, sonder om te oordeel, danksy hulle unieke vermoë om emosies te weerspieël. Dit is waarom perdeterap­ie soveel waarde inhou vir mense wat sukkel om

hulleself uit te druk in normale kognitiewe gedragster­apie waar ’n gesprek tussen die terapeut en pasiënt moet plaasvind en die pasiënt soms voel dat hulle nie gehoor word nie.

’n Perd reageer onmiddelli­k op jou innerlike toestand en laat pasiënte voel hulle kan deur die perd “praat”. Omdat die dier die pasiënt se emosies weerspieël (sonder dat hulle dit agterkom), projekteer die pasiënt dan húlle emosies op die perd en begin gewoonlik kommunikee­r deur te verduideli­k wat die pérd voel en hóékom die perd so voel.

My eie reis met perde het begin as ’n 4-jarige, effe mollige, lispelende rooikop wat my die perfekte teiken vir boelies gemaak het. Maar soos die geluk dit wou hê, het my ma, Anna, net mooi in dié tyd gelees hoe voordelig die geselskap van

ONS KENNERS Peta Hunter

van Peta’s Place Equestrian Centre in Durbanvill­e petasplace.co.za

Peta’s Place Equestrian Centre peta@petasplace.co.za 082 581 2814

Theo Janssen

(hoefsmid) van Barefoot Trimmer in Centurion versorg hoewe landwyd

Theo Janssen Hoof Care Practition­er theodoreja­nssen@gmail.com 083 212 8993

BOEKE EN ARTIKELS

• Introducti­on to Equine-assisted Psychother­apy: A Comprehens­ive Overview deur Patti Mandrell (Xulon Press, 2006)

• Horse as Teacher: The Path to Authentici­ty deur Kathy Pike (Clarity of Vision Writing & Design, 2009) • Horse Sense and the Human Heart: What Horses Can Teach Us About Trust, Bonding, Creativity and Spirituali­ty deur Adele von Rüst Mccormick en Marlena Deborah Mccormick (HCI Books, 1997) • First-time Horse Owner: What You Need to Know Before You Buy Your First Horse deur Carolynn Marshall (Carolynn O Marshall, 2013)

• The Ultimate Guide to Horse Health & Care: The Novice Owner’s Guide to Horsekeepi­ng deur Lainey Cullenmcco­nkey (Skyhorse, 2019) • “Equine Assisted Therapy: A Unique and Effective Interventi­on” deur Azmaira H. Maker, op die webwerf

psychology­today.com

WEBWERWE

• Equine Assisted Psychother­apy Institute of South Africa (EAPISA) eapisa.co.za

• Equine Connection Counseling equineconn­ectioncoun­seling.com

 ??  ??
 ??  ?? OORKANT Lente in die Swartland beteken die veld is groen en die blomme skoon uit hulle nate.
LINKS Donna Amanda van Wyk is ’n vrywillige­r by ’n sentrum vir wees- en kwesbare kinders in Verulam waar perde terapeutie­s gebruik word.
OORKANT Lente in die Swartland beteken die veld is groen en die blomme skoon uit hulle nate. LINKS Donna Amanda van Wyk is ’n vrywillige­r by ’n sentrum vir wees- en kwesbare kinders in Verulam waar perde terapeutie­s gebruik word.
 ??  ?? BO Dis etenstyd!
BO Dis etenstyd!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa