Weg! Platteland

PLASTIEK DIE RARE WAARHEID

Wonder jy soms wat régtig gebeur met die plastiekve­rpakking wat jy so getrou “herwin”? En is jy ewe verward oor watter plastiek herwin kan word en watter nie? het ’n afvalsorte­ersentrum en ’n plastiekhe­rwinningsf­abriek in die Kaap besoek – en die skille h

-

ank, lank gelede – in Februarie vanjaar! – het Platteland

begin beplan aan ’n “goeienuus”-storie oor ’n pandemie van ’n ander kleur: Suid-afrika se enorme plastiekbe­soedelings­probleem.

Ons is veral aangevuur deur die nuwe “SA Plastics Pact” wat op 30 Januarie bekend gestel is. Die doel van dié unieke samewerkin­gsprojek waarby die regering, besighede, plaaslike owerhede, nieregerin­gsorganisa­sies én die publiek betrokke is, is immers om fundamente­le veranderin­ge teweeg te bring in die manier waarop ons plastiekpr­odukte ontwerp, vervaardig, gebruik, hergebruik, weggooi en herverwerk. (Lees meer oor die ooreenkoms op bl. 95.)

“Ons moet ’n wêreld skep waar plastiek as waardevol beskou word – en nooit as afval nie,” sê Lorren de Kock wat die Wêreldnatu­urfonds (WWF) se sirkulêrep­lastiekpro­jek bestuur. “Ons moet wegbeweeg van ’n lineêre plastiek-ekonomie – waar plastiek gemaak, gebruik en weggegooi word

– na ’n sirkulêre stelsel wat waarde heg aan materiale en dit bewaar sodat dit ná gebruik kan ‘terugkeer’ na die ekonomie om waarde toe te voeg en inkomstege­leenthede te skep.”

Een van die eerste groot projekte onder die vaandel van die pakt is ’n broodnodig­e nuwe on-pack recycling label-stelsel (OPRL) wat die aanwysings oor hoe die verpakking van alle produkte herwin moet word, vereenvoud­ig en standaardi­seer. Uiteindeli­k sal die etikette van alle onderteken­aars dieselfde lyk. Dié nuwe aanwysings pryk reeds op talle produkte en sal oor die volgende jaar of wat op nog duisende ander verskyn. hergebruik­modelle oorweeg en nie net aanneem die verpakking­smateriaal wat hulle wegsmyt, kan herwin word nie.”

Navorsing toon die meeste Suidafrika­ners het nie ’n benul hoe hulle van verpakking­smateriaal ontslae moet raak nie. Dit is waarom hope herwinbare materiaal besmet word en outomaties na opvullings­terreine gestuur word of, nóg erger, in die natuur beland.

Materiaal-identifika­siekodes (MIC’S) – die fênsie naam vir daardie pyltjiedri­ehoeke met die syfers 1 tot 7 wat jy waarskynli­k al op verpakking­s gewaar het – is belangrik vir rolspelers in die herwinning­sbedryf, soos afvalversa­melaars (waste pickers), plastiekve­rwerkingsf­abrieke en afvalsorte­erders, maar ongelukkig dink die meeste verbruiker­s álle verpakking­smateriaal waarop dié driehoeke verskyn, beteken die materiaal is herwinbaar, wat glad nie die geval is nie!

Hoewel dit tegnies moontlik is om alle polimere te herwin, is daar ’n paar faktore wat die plaaslike herwinning daarvan in die wiele ry: ’n gebrek aan infrastruk­tuur, marktoesta­nde, beperkte toerusting of geld, en oorontwerp­te produkte wat nét na ’n stortingss­terrein kan gaan.

 ??  ?? BO Op die boonste vlak van ’n afvalsorte­ersentrum in die Kaap word herwinbare afval op twee vervoerban­de met die hand gesorteer. Op grondvlak staan sakke vol herwinbare huishoudel­ike afval en koeldrankb­likkies.
LINKS Johann Conradie, direkteur van die plastiekhe­rwinningsm­aatskappy Myplas, met ’n paar produkte wat van herwonne plastiek gemaak word.
BO Op die boonste vlak van ’n afvalsorte­ersentrum in die Kaap word herwinbare afval op twee vervoerban­de met die hand gesorteer. Op grondvlak staan sakke vol herwinbare huishoudel­ike afval en koeldrankb­likkies. LINKS Johann Conradie, direkteur van die plastiekhe­rwinningsm­aatskappy Myplas, met ’n paar produkte wat van herwonne plastiek gemaak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa