Herwin nie!
Die volgende verpakkingsformate en -materiale gaan reguit opvullingsterrein toe omdat dit óf nie herwinbaar is nie óf nie tans in Suid-afrika herwin word nie.
Verpakkings wat besmet is deur kosafval, soos pizzabokse of toebroodjieboksies
Aluminiumfoelie of foeliedeksels vir melk, gegeurde melk en sap
Maar eers is daar nóg goeie nuus: Het jy geweet Suid-afrika is een van die lande met die hoogste herwinningskoers ter wêreld? In 2019 het ons 46,3% gehaal – gelykstaande aan die EU se syfer en beter as Brittanje se 43%.
Het jy geweet minder as 5% van herwinbare materiaal wat hier ingesamel word, word na verwerkers buite die landsgrense gestuur? Tot in 2018 het Europa die meeste van hulle herwinbare afval na Derdewêreldlande gepos.
In Europa word herwinning deur besorgdheid oor die omgewing gedryf. Minstens 10 Europese lande het streng regulasies wat keer dat herwinbare materiaal in opvullingsterreine beland. Die meeste burgers moet alle herwinbare materiaal by hulle huis sorteer en almal volg die reëls “omdat dit die regte ding is om te doen” (daar wag ook stywe boetes op die ongehoorsames).
Tuisherwinning en -sortering gebeur ook hier, maar op ’n veel kleiner skaal: ’n Skokkende 40% van alle Suid-afrikaanse huishoudings het nié toegang tot formele vullisverwydering nie en slegs 7,8% van ons sorteer ons herwinbare afval by die huis. Hoe op dees aarde kan ons dus onder die bestes tel?
Daar is ’n eenvoudige verduideliking: Met miljoene arm, werklose mense wat onder die broodlyn leef, word herwinning hier byna volkome deur finansiële beginsels gedryf. As jy daagliks sukkel om aan die lewe te bly, kan jy as laaste uitweg as afvalversamelaar werk wat herwinbare materiaal “gratis” langs paaie en op opvullingsterreine optel – solank jy daarvoor vergoed word.
Ons het een só ’n afvaljagter, Nompumelelo Njana van Khayelitsha, ontmoet op ’n besoek aan ’n afval sorteersentrum aan die buitewyke van Kraaifontein. Dié plek is deur die Stad Kaapstad opgerig en word deur die private maatskappy Waste Plan bestuur. Daarna het ons in Bellville-suid
’n draai gemaak by Myplas, ’n fabriek wat HDPE (hoëdigtheid-poliëtileen), LDPE (laedigtheid-poliëtileen) en PP (polipropileen) verwerk.
Nompumelelo en duisende ander informele afvaljagters versamel sowat 80% van Suid-afrika se herwinbare afvalmateriaal en het in die proses die regering gehelp om in 2014 ’n verstommende R748,8 miljoen te spaar. Ongelukkig word hulle glad nie na waarde geskat nie: Die meeste residensiële gemeenskappe en besighede beskou hulle as uitgeworpenes wat soos aasvoëls in ander se vullis krap. Dit is ’n ondankbare werk en hulle kry ook nie veel ondersteuning om dit meer doeltreffend te doen nie.
Die manier waarop afval herwin word, is problematies. Die meeste afvaljagters krap in vullisdromme of (onwettig) op stortingsterreine rond en laai hulle vondste in lendelam trollies en sakke. Dikwels moet hulle etlike kilometers aflê tussen die voorstede en die naaste nywerheidsgebied waar hulle die afval aan formele en informele terugkoopsentrums verkoop.
Gedurende dié rondkrappery word hulle aan siektes en beserings blootgestel wat dikwels mediese behandeling vereis. Om sulke groot hoeveelhede afval heen en weer te karwei kan boonop gevaarlik, veeleisend en onvoorspelbaar wees. Afvalversamelaars word gereeld besteel, geteister, aangerand of geldelik ingeloop. Ons sal dringend moet aandag skenk aan die
saak. In Suid-afrika word herwinbare materiaal, Pet-bottels uitgesluit, ook met die hand gesorteer, terwyl minder doeltreffende optiese sorteermasjiene dieselfde taak in Europa verrig.
Platteland het dit in aksie gesien in Kraaifontein waar die sorteerders weerskante van twee vervoerbande letterlik soos ’n swerm bye saam werk en elkeen spesifieke herwinbare items uitpik. Hulle identifiseer ook dadelik “swart items” wat nie herwin kan word nie. Dié items bly agter op die vervoerband en word in ’n enorme pakhuis reg langs die sorteersaal uitgespoeg. Om só ’n reusevertrek tjokkenblok vol gemors te sien wat vir die opvullingsterrein bestem is, laat ’n mens gou jou eie verbruik in ’n nuwe lig sien. gelei dat die plaaslike herwinningsbedryf basies in duie gestort het,” sê Lorren. “Plastiek word van niehernubare fossielbrandstowwe soos olie, gas en steenkool gemaak. Maar in Suid-afrika, waar die laagste prys gewoonlik koning kraai, kan herwonne plastiek nie meer meeding met die belaglik lae prys van nuwe plastiek wat direk aan die olieprys gekoppel is nie. Die eindmarkte vir herwonne plastiek het gevolglik dramaties gekrimp en daarmee saam is hope mense in die formele en informele afvalsektor hulle werk en inkomste kwyt.
“Gedurende vlak 5 en vlak 4 van die inperking is talle herwinningsdienste opgeskort en hope herwinbare plastiek moes noodgedwonge na opvullingsterreine en elders gestuur word. Ek verwag dus ’n dramatiese daling – in die omgewing van 50% – in die herwinningskoers vir 2020.
“Dit is ook ’n groot terugslag vir die SA Plastics Pact. Die lede het hulle immers daartoe verbind om méér herwonne materiaal in hulle verpakkings te gebruik, maar dié verbintenis word nou ook bedreig,” sê Lorren. >
Tans gaan dinge bra broekskeur in die plastiekherwinningsbedryf, maar dis nie ’n totaal verlore saak nie. Ons verkwistende leefstyl is eenvoudig nie volhoubaar nie – en daar is baie wat jy kan doen om ’n praktiese verskil te maak.
Die grootste verantwoordelikheid lê by winkelgroepe, vervaardigers en handelsmerke wat mooi moet dink oor hoe hulle hulle produkte aan die mark lewer. As verbruiker kan jy druk op hulle plaas om by die SA Plastics Pact aan te sluit (indien hulle nog nie het nie) en slegs produkte koop wat aan die nuwe riglyne voldoen.
Gaan slim te werk wanneer jy inkopies doen en kies verpakkings wat herbruik of herwin kan word. ’n Goeie voorbeeld is Sunlight-skottelgoedseep: Deesdae word die 750 mlbottels van 100% herwonne plastiek gemaak wat ook 100% herwinbaar is. Jy kies dalk eerder die hervulpak omdat jy tog nie nóg plastiek wil koop nie, maar die hervulpak kan nie herwin word nie en gaan reguit stortingsterrein toe.
Gebruik inkopiesakke wat jy oor en oor kan gebruik en herbruikbare bottels vir water of koeldrank.