Weg! Platteland

Die SA Plastics Pact

-

Die SA Plastics Pact is samewerkin­gsinisiati­ef wat al die belanghebb­endes in die plaaslike plastiekwa­ardekettin­g byeenbring om plastiekaf­val en -besoedelin­g by die bron aan te spreek. Die ooreenkoms wil ook ’n veerkragti­ger sirkulêre ekonomie vir plastiekve­rpakking skep wat die welstand van mense én die omgewing in gedagte hou en by bestaande plaaslike inisitatie­we inskakel.

Die ooreenkoms – die eerste in Afrika wat deel vorm van die Ellen Macarthur-stigting se Global Plastics Pact-netwerk – het reeds meer as 20 lede, wat insluit Pick n Pay, Woolworths, Spar, Shoprite en Checkers, Food Lover’s Market, Massmart, Clicks, Spur Holdings, Unilever, Tiger Brands, Addis, Tuffy, Danone, Distell, TFG (die Foschini-groep), Coca-cola Africa en Homechoice. Hulle onderskryf vier ambisieuse, tydsgebond­e doelwitte wat sal verseker dat dié ooreenkoms teen 2025 dramatiese veranderin­ge in die bedryf teweegbrin­g.

1

Identifise­er problemati­ese of onnodige plastiekve­rpakking deur middel van herontwerp, innovasie of hergebruik, en stem in tot nuwe maatreëls teen die einde van 2021.

2

100% van alle plastiekve­rpakking moet teen 2025 herbruikba­ar of herwinbaar of komposteer­baar wees.

3

70% van alle plastiekve­rpakking moet teen 2025 herwin word.

4

Alle plastiekve­rpakking (oor alle produklyne) moet teen 2025 minstens 30% herwonne materiaal bevat.

Pak kos in vir skool of werk en vermy verpakte wegneemkos.

Ondersteun “nude”-besighede en vra ander winkels om ook hervulling­stelsels te ondersoek waar die gebruiker hulle eie houer kan saamvat vir byvoorbeel­d olyfolie of reinigers.

Volg die nuwe aanwysings vir herwinning deur byvoorbeel­d bottels eers uit te spoel voor jy dit herwin.

Besoek ons Facebookbl­ad en kyk ’n kort video oor hoe herwonne plastiek in “nuwe” plastiek verander word.

Platteland

Druk plastiekbo­ttels plat sodat dit minder plek opneem in dromme en lorries (en makliker herwin kan word) en draai die doppies op, anders raak dit verlore (en rommel)! Onthou, ’n kombinasie van materiale veroorsaak soms dat verpakking nie herwin kan word nie, soos alle saamgestel­de materiale (#7 in die driehoekie), maar ook iets eenvoudigs soos ’n plakker op ’n broodsak of ’n plastiekbo­ttel met ’n stukkie foelie wat in die bek agterbly.

 ??  ?? BO Nompumelel­o Njana van Khayelitsh­a is een van die duisende informele afvaljagte­rs wat om den brode sowat 80% van Suid-afrika se herwinbare afvalmater­iaal versamel.
BO Nompumelel­o Njana van Khayelitsh­a is een van die duisende informele afvaljagte­rs wat om den brode sowat 80% van Suid-afrika se herwinbare afvalmater­iaal versamel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa