Weg! Platteland

Vind meer uit

-

Die SA Plastics Pact

saplastics­pact.org.za info@saplastics­pact.org.za

Suid-afrikaanse Plastiekhe­rwinningso­rganisasie (SAPRO)

SAPRO verteenwoo­rdig die land se plastiekhe­rwinners en -herverwerk­ers wat bale gesorteerd­e plastiek aan die einde van hulle leeftyd aankoop en tot rou materiaal herverwerk waarmee nuwe plastiekpr­odukte vervaardig kan word. Klik op “Consumers” boaan die tuisblad en dan op “Where to recycle” vir ’n lys van plastiekhe­rwinners reg oor die land wat ook lede van SAPRO is. plasticrec­yclingsa.co.za

lisa@plasticrec­yclingsa.co.za (Lisa Parkes)

My Waste

Wonder jy wat ’n mens doen met daardie stokou klanktoeru­sting, blikke ou verf en poegaai motorbatte­rye in die garage? My Waste is ’n wonderlike databasis met hope inligting oor maatskappy­e en plekke reg oor die land waar jy ’n aktiewe bydrae tot herwinning en volhoubaar­heid kan lewer. mywaste.co

Wasteplan

Hierdie private maatskappy lewer herwinning­s- en afvalbestu­ursdienste aan gesondheid­sorgverska­ffers, die voedsel-endranksek­tor, universite­ite, winkelsent­rums, kantoorblo­kke, verspreidi­ngsentrums, gasvryheid­spersele en fabrieke. Wasteplan bestuur ook die afvalsorte­ersentrum wat

Platteland as gaste van die WWF besoek het. Maak ’n draai op die webwerf vir verskeie hulpbronne en talle inspireren­de stories.

wasteplan.co.za

Ellen Macarthur-stigting

Suid-afrika het hom aangesluit by ’n groeiende aantal lande – Chili, Frankryk, Nederland en Brittanje – wat deel vorm van die Ellen Macarthur-stigting se internasio­nale Plastics Pact-netwerk. Op dié platform deel lede nuwe kennis en beste praktyke met die onderteken­aars van plastiekoo­reenkomste in ander lande en só word die oorgang na ’n sirkulêre plastiekek­onomie versnel. Laai die gratis gids “Reuse: Rethinking Packaging” af by ellenmacar­thurfounda­tion.org (klik op “Resources” en dan op “Publicatio­ns”).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa