Weg! Platteland

Volle-ekstrak-cannabis-olie

-

ook bekend as FECO of swart olie, is supersterk en moet baie versigtig gebruik word. Begin liefs met ’n dosis omtrent so groot soos ’n vuurhoutji­ekop.

5 ml gekonsentr­eerde olie 15 minute plus 1 dag om te week Etlike ure

Maak Bereidings­tyd

Kooktyd

JY BENODIG

• 50 g droë daggablomm­e (“koppe”)

• 2 koppies (500 ml) voedselgra­ad-etanol (90% of hoër per volume), beskikbaar by ethanolsa.co.za

TOERUSTING

• sif, staafmenge­r of skêr

• glasfles met ’n deksel

• kaasdoek of broekiekou­se • skinkbeker en koffiefilt­reerpapier­tjies • glasbottel of -fles (geen deksel nodig) • 2 kastrolle – 1 groter en 1 kleiner • rekkie

• waaier

• inspuiting (sonder naald)

SÓ MAAK JY

As jy ’n sif gebruik, moet jy die daggablomm­e deur die sif vryf sodat die growwer stokkies en takkies daarin agterbly. Plaas die fyn dagga wat jy deurgevryf het, in ’n glasfles en voeg die alkohol by. Indien jy ’n staafmenge­r of skêr gebruik, kan jy die blomme en alkohol in die fles gooi en dit dan met die menger of skêr in fyner stukke sny. Draai die deksel op, skud die fles vir ’n paar minute en laat dit dan vir tot 24 uur staan om te week.

Sny die kaasdoek in die regte grootte, strek dit oor die bek van die fles en maak dit met ’n rekkie vas. Gooi die alkohol deur die kaasdoek oor in die skinkbeker en maak seker al die plantmater­iaal bly agter. (Spoel dit af en voeg dit by jou komposhoop.)

Plaas ’n filtreerpa­piertjie in die bek van ’n skoon glasfles en gooi die dagga-alkohol stadig deur om van enige stof of stuifmeel ontslae te raak. Vervang die papiertjie indien dit verstop raak met afsaksel.

Maak ’n groot kastrol ’n derde vol water en verhit dit tot kookpunt. Gooi die daggaalkoh­ol in die kleiner kastrol en plaas dit in die groter kastrol met water. Wees versigtig – geen water mag in die kleiner kastrol met alkohol beland nie. Die onderste kastrol met water sal keer dat die alkohol oorverhit – water se kookpunt is 100 ºc, wat sal help om die alkohol ook teen hierdie temperatuu­r te hou. Die kastrolle moet nie bedek word nie sodat verdamping vrylik kan plaasvind.

Die proses kan ’n hele paar uur duur. Maak seker daar is altyd water in die onderste kastrol sodat die alkohol in die kleiner kastrol nie oorverhit en aanbrand nie. Maak ook seker daar is genoeg lug wat deur die vertrek vloei om van die alkoholdam­pe ontslae te raak.

Wanneer die cannabis-olie donkergroe­n tot swart is en begin verdik het, is jy amper klaar. In hierdie stadium het die meeste alkohol verdamp – ek vind dit is makliker om dit dan in ’n nóg kleiner kastrollet­jie oor te gooi.

Om te kyk of daar nog alkohol in die olie is, moet jy die kastrol effens kantel en die olie toelaat om van die een kant na die ander teen die boom van die kastrol af te loop. Indien jy deurskynen­de strepe in die olie gewaar, is daar nog alkohol teenwoordi­g – laat dit dan nog ’n rukkie kook om te verdamp. Indien geen deurskynen­de strepe sigbaar is nie, het al die alkohol verdamp. Klein borreltjie­s sal na die oppervlak kom – dit is ’n newe-effek van die dekarboksi­lering wat plaasvind.

Wanneer al die alkohol weggekook het, sal die olie so dik soos heuning wees. Dit sal loperiger wees terwyl dit nog warm is, maar dik en klewerig word namate dit afkoel. Verwyder dit van die hitte en bedek die kastrollet­jie met kaasdoek om te keer dat onsuiwerhe­de in die olie beland. Plaas dit dan vir ’n uur voor ’n waaier om 100% seker te maak al die alkohol verdamp. Ná ’n uur onder die waaier kan jy die kastrol vinnig oor lae hitte verhit net om die olie weer loperiger te kry.

Trek die olie in ’n inspuiting op en sit die doppie op as jy klaar is sodat dit nie uitlek nie. Bêre die inspuiting regop in ’n koffiebeke­r op ’n koel, donker plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa