Weg! Platteland

Daggaheuni­ng

-

Gebruik dié heuning in kos of versoet jou tee daarmee. Dit is ’n wonderlike immuunvers­terker met anti-inflammato­riese en antibakter­iese eienskappe – net wat jy nodig het om verkoues, griep en ’n toe bors te verlig.

200 ml

Maak Bereidings­tyd Trektyd

5 minute 6-8 uur JY BENODIG

• 10 g droë daggablomm­e • 200 ml plaaslike rou heuning

TOERUSTING

• kaasdoek of broekiekou­se • kombuistou

• glasfles met ’n deksel • groot kastrol of prutpot

SÓ MAAK JY

Pak die daggablomm­e in die middel van ’n vierkantig­e stuk kaasdoek (of broekiekou­se). Bring die hoeke bymekaar om ’n klein sakkie te vorm en knoop dit baie styf vas met kombuistou. Plaas die daggasakki­e in die fles, gooi die heuning oor en draai die deksel styf toe.

Plaas die dagga-en-heuningfle­s óf in ’n groot kastrol wat twee derdes met water gevul is óf in ’n prutpot wat sowat ’n derde vol water is. Onthou, heuning het self wonderlike medisinale eienskappe en daarom wil jy dit nie oorverhit nie. Hou dus by ’n matige temperatuu­r.

Verhit die fles vir 6-8 uur oor lae hitte. Maak elke twee uur of wat seker dit bou nie druk aan die binnekant op nie. Indien wel, moet jy die deksel vinnig oopdraai en dadelik weer toe. Dra handskoene – die fles sal vuurwarm wees!

Na sowat 6-8 uur kan jy die fles uit die kastrol of prutpot verwyder. Wanneer die heuning koel genoeg is sodat jy daaraan kan raak, kan jy die kaasdoeksa­kkie versigtig uitlig. Druk soveel as moontlik van die heuning uit die sakkie. Draai die deksel weer styf toe en bêre dit in die yskas of op ’n koel, donker plek. Indien jy die heuning korrek bêre, sal dit vir baie jare potent bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa