Vriendelik en vrygewig soos ’n boeremark
Nadat die tuinmaakgogga Dorothée Dehon net buite die Belgiese hoofstad gebyt het, het sy binne ses jaar op ’n plaas in die Vrystaat ’n natuurvriendelike groentelushof kom vestig. Sy vertel vir hoe dit gebeur het.
Dorothée was ’n régte stadsjapie. “Ek het in Brussel grootgeword, en ek en my man, Damien Huyberechts, het op ’n dorpie net buite die stad gewoon. Ons het al hoe ongemakliker begin word omdat ons eintlik niks weet oor die kos wat ons koop nie: Waar kom dit vandaan? Hoe word dit geproduseer?”
Hulle het ’n groentetuintjie in hulle agterplaas begin. ’n Klein begin wat laat weet hy het ’n plaas gekoop, was ek, my man en ons pasgebore dogter teen 2014 op sy wild- en gasteplaas, Witklipfontein, naby Parys. Gereed om aan ons droom van ’n natuurliker, gesonder leefstyl te begin bou.”
Die Vrystaatse grond, weer, insekte – álles – het hemelsbreed verskil van wat hulle geken het. Maar, sê Dorothée, die plaaslike boerderygemeenskap was
“Xavier het die plek vir ons permakultuur-groentetuin uitgekies: naby ’n bestaande stoor, min of meer op gelyk grond, en met ’n groot soetdoring (Vachellia karroo, voorheen Acacia karroo). Die grond het braak gelê, nes die res van die plaas. Ons moes net die katbos, ’n indringerspesie, verwyder.”
Dorothée het die tuin se sirkeluitleg rondom die boom beplan en ’n lang
water. Daarom het hulle die beddings met stompe effens opgebou. As dit nou swaar reën, vertraag die sirkelontwerp die vloei van die water, wat die stompe en beddings kans gee om soveel as moontlik van die water te absorbeer.
“Die tuin van 900 m2 is nou ses jaar oud. Hier is gemiddeld 100 groentevariëteite – in die lente, somer, herfs en winter – én dan nog eetbare blomme, kruie en medisinale plante. Ek plant regtig omtrent elke groentesoort wat jy kry. En dan word die groentetuin omring deur ’n gemengde vrugteboord – daar’s perskes, granate, appels, pruime en appelkose, plus bessiebosse soos frambose, appelliefies, swartbessies en gojibessies. Op die oomblik is
Die eerste jaar was uitsonderlik maklik omdat daar nog nie baie peste en plae was nie. Maar namate die groentetuin gegroei het, het die goeie goggas én peste hulle intrek in die oase geneem en op ’n ongebalanseerde manier begin vermeerder. Deur die regte plantpasmaats te gebruik en te sorg dat daar genoeg kos en veilige vesting vir natuurlike predatore is, het die balans stadig maar seker herstel. Ek het ook geleer dat ’n sekere hoeveelheid peste nodig is, mits jy dit reg kan bestuur. Jy gaan tog nie liewenheersbesies na jou tuin lok as jy van ál die plantluise ontslae geraak het nie.”
grond saai. Plante soos eiervrug, rissie, soetrissie, pampoen en groot tamaties wat spesifieke temperature verkies en maklik deur muise en rotte uitgegrawe word, laat ek wel eers in ’n tonnel ontkiem om dit teen laat ryp te beskerm.
“Omdat my groentetuin omhein is, laat ek my hoenders vry loop rondom die tuin. Hulle beheer sprinkane en ander vlieënde insekte. Nadat ek die wintergewasse afgesny het, maak ek die tuin se hekkie oop en laat die hoenders toe om die beddings deurmekaar te skrop, die oorblywende groente te eet en snywurms en ander goggas op te vreet. En dan is die hoendermis ’n goeie bron van stikstof.” vir ’n oomblik bekommerd te wees oor gifstowwe wat daarop gespuit is nie.”
En haar grootste frustrasie? “Seker die weer. Daar is niks ergers nie as ’n haelstorm in die somer, net wanneer die groentetuin op sy beste produseer, wat die hele oes afslaan. Dan is dit
Nog ’n groot plesier is die groen verrassings waarop sy gereeld afkom. “Ek laat sommige plante in die grond agter sodat hulle self hulle saad kan saai. Om dan wortels, slaaiblare en tamaties hier en daar te sien opkom is altyd ’n gawe verrassing.”
Tim Grout van die Sitrusnavorsingsraad antwoord:
Dié misvorming word veroorsaak deur die sitrusknopmyt (Aceria sheldoni) en kan allerhande interessante vrugvorms tot gevolg hê. Dit kom voor in die meeste sitrusproduserende lande.
Die myt is ’n klein, wit of deurskynende goggatjie wat die blom- en blaarknoppies reeds maande voor die blomtyd aanval. Die meeste misvormde blomme sal van die boom afval voor vrugvorming, maar dié wat wel agterbly, ontwikkel dan tot dié vreemde vrugte. Die myte verkort ook die groei van die stingels tussen die blare, wat aan