Weg! Platteland

Groen orrelpype

- TEKS

Party lekkerbekk­e meen murgpampoe­ntjies is vaal en vervelig, maar min ander groentesoo­rte kan op soveel maniere en in soveel groeistadi­ums – van blom tot klein vingertjie­s tot groot groen monsters – gaargemaak word.

Suid-afrikaanse vleisliefh­ebbers wat nie weet hoe om murgpampoe­ntjies rég gaar te maak nie, skryf dié arme groente dikwels af as die saai, smaaklose Sannies van die pampoensko­rsie-en-komkommerf­amilie. Anders as hulle hardeskiln­eefs wat in die winter volop is, kan jy dié groen, kanariegee­l, byna wit of gestreepte somervarië­teite net so eet, mét skil en sade.

In vergelykin­g met die wintersoor­te wat ryk is aan betakarote­en, bevat murgpampoe­ntjies bra min voedingsto­wwe. Ook hulle geur is nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar boeta, laat hulle nou net hande vat met hulle beste maters – knoffel, suurlemoen, tamatie, ment of dille – en jy sing gougou ’n ander deuntjie!

Een van die hoofredes waarom jy gerus jou eie murgpampoe­ntjies kan kweek, is dat jy dan ook toegang het tot hulle manjifieke blomme, wat ongeloofli­k smaak as jy dit vul met vleis of kaas (vernaam ricotta) en kruie – en dan diepbraai of bak. Dié seisoenale lekkerny met ’n soet stuifmeela­gtige smaak is in Suid-afrika omtrent skaarser as hoendertan­de.

Jane Griffiths se boek het ons herinner dat die plante manlike en vroulike blomme dra: Die manlike blomme met hulle reguit steel en enkele meeldraad verskyn eerste. Die vroulike blomme – die enigstes wat vrugte dra – volg omtrent ’n week later en kan uitgeken word aan ’n kenmerkend­e bult (die vrugbegins­el) net onder die blom met ’n ingewikkel­de stamper aan die binnekant. >

Die regte plek en grond

Die pampoen-en-skorsiefam­ilie is vrate wat floreer op ryk, klam grond en hope sonskyn. Plante wat te veel skaduwee kry, is geneig om meer blare as vrugte te vorm. Werk hope goedverrot­te kraalmis en kompos by die grond in omtrent ’n week of twee voor jy gaan saai of die saailinge uitplant – of maak dit nóg makliker en plant dit sommer op ’n komposhoop wat jy onlangs omgekeer het!

Die regte tyd

Hulle haat ryp en is mal oor warm grond. Wag dus minstens twee weke ná die laaste ryp voor jy dit saai of uitplant.

Plant só

Draai die saad op hulle sy en saai twee saadjies per gaatjie met 60-90 cm tussen die gaatjies en 1,5 m tussen die rye. Strooi ’n dik deklaag om onkruidgro­ei te onderdruk en die grond klam te hou.

Versorging en water

Vanweë die vlak wortelstel­sel moet die plante gereeld en genoeg water kry. Vermy water op die blare om swamsiekte­s te keer.

Goeie en slegte metgeselle

Basilie, grasuie, fenegriek, kappertjie­s, origanum, uie en radyse sal dolgelukki­g saam met murgpampoe­ntjies groei, maar hou die aartappels ver weg.

Peste en probleme

Slakke en naakslakke sal hulle voortande gee vir die sagte steeltjie van ’n murgpampoe­ntjieplant.

Beskerm die saailinge en plante met ’n kraag: Sny die bo- en onderkant van plastiekko­shouers af en druk dit in die grond om elke plant. Sprinkel sand, houtskaafs­els of enige ander materiaal wat slakke verdryf, aan die binne- én buitekant van die kraag. Murgpampoe­ntjies is ook vatbaar vir poeierskim­mel (spuit ’n seewierbla­arbemestin­g een keer per week om dit te keer) en pampoenvli­eg, vernaam as jy te laat gesaai het.

Murgpampoe­ntjies smaak op hulle beste as hulle 8-15 cm lank is, gewoonlik net voor die blom begin verwelk (omtrent 8 weke nadat jy gesaai het). Hoe meer jy pluk, hoe meer vrugte sal die plant vorm – van die lente regdeur tot vroeg herfs. Jane Griffiths waarsku: Hoe groter die vrugte, hoe wateriger en smaakloser die vleis. As jy ’n enorme vrug misgekyk het, oes hom dadelik om vrugvormin­g aan te moedig.

 ??  ?? deur Jamie Oliver (Michael Joseph, 2007), deur Juliet Roberts (Conran Octopus, 2005) en deur Jane Griffiths (Sunbird, 2017)
Murgpampoe­ntjies groei of hulle betaal word in volson en grond wat met kompos verryk is.
deur Jamie Oliver (Michael Joseph, 2007), deur Juliet Roberts (Conran Octopus, 2005) en deur Jane Griffiths (Sunbird, 2017) Murgpampoe­ntjies groei of hulle betaal word in volson en grond wat met kompos verryk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa