Weg! Platteland

Gevulde murgpampoe­ntjieblomm­e en -tjips

-

Murgpampoe­ntjieblomm­e is skaars in winkels en boonop net ’n kort tydjie van die jaar beskikbaar – die beste is om dit self te kweek en so vars as moontlik te gebruik.

2-4 20 minute 10-15 minute

Genoeg vir Bereidings­tyd Gaarmaakty­d

JY BENODIG

VIR DIE BESLAG

• ½ koppie (125 ml) mielieblom

• ½ koppie (125 ml) koekmeel

• ¼ teelepel (1,25 ml) koeksoda

• ¼ teelepel (1,25 ml) droë mosterd

• 1 eiergeel

• 1 koppie (250 ml) yskoue sodawater

of bier

VIR DIE MURGPAMPOE­NTJIEBLOMM­E • ¼ koppie (60 ml) botter

• 1 ui, fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, fyngedruk

• 1 teelepel (5 ml) kerriepoei­er

• 1 teelepel (5 ml) borrie

• 1 teelepel (5 ml fyn komyn

• 1 teelepel (5 ml) garam masala

• 2 koppies (500 ml) gaar rys

• 2 teelepels (10 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

• sap en skil van 1 suurlemoen

• 10 murgpampoe­ntjieblomm­e

VIR DIE TJIPS

• 3 middelslag-murgpampoe­ntjies

(250-300 g), gewas • sonneblomo­lie vir diepbraai

SÓ MAAK JY Maak die beslag

Meng die mielieblom, meel, koeksoda en mosterd in ’n groot mengbak saam. Klits die eiergeel en sodawater of bier in ’n klein bakkie tot dit goed gemeng is. Voeg die eiermengse­l by die meelmengse­l terwyl jy dit liggies met ’n vurk klits. Klits die beslag tot dit netnet gemeng is. Hou dit in die yskas tot wanneer jy dit wil gebruik.

Maak die murgpampoe­ntjieblomm­e

Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel vir ’n paar minute. Roer die kerriepoei­er, borrie, komyn en garam masala by en braai die mengsel tot geurig. Roer die rys by en geur dit na smaak met sout en swartpeper. Roer dan die gemmer en suurlemoen­skil en sap deur. Vul die murgpampoe­ntjieblomm­e met die rysvulsel, maar pasop om dit te vol te maak – skep net genoeg in sodat jy die voorste

deel van die blom kan toedraai (soos ’n papiersakk­ie). Laat die gevulde blomme in die yskas staan tot jy dit gaan gebruik.

Sny die kop en stert van die murgpampoe­ntjies af en sny dit in ewe groot lang, dun vingers. Geur dit met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Verhit die sonneblomo­lie in ’n diep kas

Maak die tjips

trol. Doop die murgpampoe­ntjietjips in die koue beslag en laat sak dit versigtig in die warm olie. Laat dit vir omtrent 3 minute braai of tot dit bros en gaar is. (Verlaag die hitte indien die beslag te vinnig donker word word.) Skep dit uit op kombuispap­ier om te dreineer. Braai die blomme op dieselfde manier en sit alles dadelik voor. >

Maak die tamatiesou­s

Verhit die botter in ’n groot pan en braai die tamaties tot die skille begin oopbars. Voeg die knoffel by en roerbraai dit vir nog ’n paar minute. Geur die sous met sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak. Gebruik ’n houtlepel of aartappeld­rukker en druk die tamaties fyn wat nog nie oopgebars het nie. Verlaag die hitte en laat die sous vir omtrent 10 minute prut tot dit romerig is. Roer die geskeurde basiliebla­re en die helfte van die roomkaas by en hou die mengsel eenkant.

Verhit die botter in ’n pan en braai die ui tot dit goudbruin en sag is. Geur die mengsel na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper en skep dit in ’n groot mengbak. Roer die fyngekapte rou spinasie, feta en suurlemoen­skil en sap deur die gaar uie. Proe, geur weer indien nodig, en hou dit eenkant.

Maak die spinasievu­lsel Maak die murgpampoe­nrolletjie­s

Gebruik ’n mandolien (of gebruik ’n baie skerp mes) en sny die murgpampoe­ntjie in die lengte in baie dun linte. Verhit intussen ’n kastrol met soutwater tot kookpunt en kook ’n paar murgpampoe­nrepe op ’n slag tot netnet gaar. Skep dit dadelik uit en laat dit eenkant dreineer. ’n Selfs geuriger alternatie­f is om ’n riffelpan rookwarm te maak en dan die murgpampoe­ntjierepe vinnig weerskante te skroei.

Verhit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n oondbak en skep die tamatiesou­s onderin. Pak die gebraaide murgpampoe­ntjielinte op ’n skoon werkopperv­lak en skep lepels vol van die spinasievu­lsel boop elkeen. Sprei die vulsel liggies uit oor elke reep en gebruik jou hande om dit op te rol. Pak die rolletjies regop boop die tamatiesou­s en skep lepels vol van die oorblywend­e 50 g roomkaas booor. Bak dit vir sowat 30 minute of tot dit goudbruin en geurig is.

Sit alles bymekaar

As jy sukkel om pruimtamat­ies te kry, gebruik gerus kersietama­ties.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa