Weg! Platteland

Murgpampoe­ntjieen-groenappel­konfyt

-

Ek wou ’n lekker konfytrese­p ontwikkel, maar het vreeslik gesukkel omdat ek nie ekstra pektien wou gebruik nie (en ’n mens sukkel ieder geval dikwels om dit op die platteland te kry). Toe loop ek dié resep op die blog moorlandse­ater.com raak waarop ek nie kan verbeter nie!

2 klein flesse of 1 grote 15 minute omtrent 1 uur

Maak Bereidings­tyd Gaarmaakty­d

JY BENODIG

• ± 10 middelslag-murgpampoe­ntjies

(1 kg), geskil en pitte verwyder

• 400 g Granny Smith-appels, geskil

en klokhuis verwyder

• ½ koppie (125 ml) water

• 50 g vars gemmer, geskil en in dun

skyfies gesny

• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoen­e (vermy die wit van die skil) • 5 koppies (1 kg) suiker

SÓ MAAK JY

Sterilisee­r die flesse wat jy gaan gebruik en hou dit eenkant.

Sny die murgampoen­tjies en appels in ewe groot blokkies en plaas dit in ’n groot kastrol. Voeg die water by, gevolg deur die gemmer en suurlemoen­skil en -sap. Sit die deksel op, verhit dit tot kookpunt en laat dit van vir 20-30 minute prut tot die murgpampoe­ntjie en appel sag is. Haal die kastrol van die plaat af, voeg die suiker by en roer dit tot al die suiker opgelos het.

Verhit die kastrol weer tot kookpunt, dié keer sonder die deksel. Verlaag die hitte effens, maar maak seker die konfyt kook steeds goed – die borrels moet net-net nie spat nie. Moenie nou weer roer nie – sit solank twee pierings in die vrieskas.

Wanneer die konfyt se sous ná omtrent 30 minute begin bruin word , kan jy die eerste keer toets of die konfyt gereed is: Haal een piering uit die vrieskas, skep ’n lepel vol stroop op die koue piering en laat dit vir ’n paar sekondes staan. Trek met jou vinger ’n streep deur die stroop – as dit fyn plooitjies maak, is die konfyt reg. Indien nie, moet jy dit vir nog ongeveer 5 minute laat kook. Toets weer tot die stroop plooie maak op die tweede koue piering.

Skep die konfyt in die gesterilis­eerde flesse, draai die deksels liggies vas en laat dit afkoel. Wanneer die konfyt heeltemal afgekoel het, kan jy die deksels styf vasdraai en die konfyt dan in ’n koel kas bêre.

As jy kleiner murgpampoe­ntjies gebruik, is dit nie nodig om die pitjies uit te krap nie.

Op ’n mooi groot opdienbord is hierdie slaai omtrent ’n treffer!

Genoeg vir 12 Bereidings­tyd 15 minute Yskastyd 1-6 uur

JY BENODIG

• 16 murgpampoe­ntjies, skoongeskr­op

en punte afgesny

• Ina Paarman se Suurlemoen-enswartpep­ergeurmidd­el

• ¼ koppie (60 ml) Ina Paarman se

Rooiwynvin­aigrette

• 125 g parmesaank­aas, met ’n kaassnyer

of aartappels­killer in skaafsels gesny

• ’n hand vol babaroketb­lare, gewas,

drooggedru­k en rofweg geskeur

SÓ MAAK JY

Gebruik ’n mandolien of vlymskerp groentemes­sie en sny die murgpampoe­ntjies in papierdun skyfies. Pak hulle in konsentrie­se sirkels op ’n mooi groot opdienbord en laat die skyfies effens oorvleuel.

Geur die skyfies met Suurlemoen-enswartpep­ergeurmidd­el. Sit kleefplast­iek oor en maak seker al die lug is uit. Sit die bord vir minstens 1 uur (en hoogstens

6 uur) in die yskas.

Drup net voor opdiening die Rooiwynvin­aigrette oor en rond die slaai af met parmesaans­kaafsels en geskeurde roketblare.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa