Weg! Platteland

Romerige klapperbir­cher-muesli met bloubessie-compote

-

Bircher-muesli is beroemd gemaak deur die Switserse huisarts dr. Maximilian Bircher-benner – hy het sy pasiënte aangeraai om dit te eet sodat hulle vinniger kan herstel van siektes. Tot vandag toe word dit as goeie, gesonde kos beskou. As jy van hawermout hou, gaan jy gaande wees hieroor!

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 10 minute plus yskastyd oornag Gaarmaakty­d 6-8 minute plus afkoeltyd

JY BENODIG

VIR DIE BIRCHERMUESLI

• 120 g hawermout

• 20 g droë klapper

• 3 eetlepels (45 ml) amandelmee­l • 1 teelepel (5 ml) fyn kaneel

• ’n knippie sout

• 2 eetlepels (30 ml) heuning

• 1 koppie (250 ml) amandelmel­k • 300 ml dubbeldik jogurt

• 1 ‘Pink Lady’-appel, ongeskil

en grofgerasp­er

VIR DIE BLOUBESSIECOMPOTE • 150 g bloubessie­s

• 1 eetlepel (15 ml) suurlemoen­sap • 2 eetlepels (30 ml) water

• 2 eetlepels (30 ml) heuning

BOLAAG

• vars of bevrore bessies, geroosterd­e klapperska­afsels en ’n hand vol pistasiene­ute of amandels

SÓ MAAK JY

Meng die bestanddel­e vir die birchermue­sli in ’n groot mengbak saam. Bedek en sit dit oornag in die yskas.

Plaas al die bestanddel­e vir die compote in ’n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Laat die mengsel vir 6-8 minute prut tot stroperig. Laat dit eenkant afkoel.

Skep die muesli in bakkies en dan van die bloubessie-compote bo-oor, gevolg deur vars (of bevrore) bessies, klapperska­afsels en neute.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa