Weg! Platteland

Appel-en-rogmuffins

-

’n Goeie muffin is amper soos jou gunsteling-jeans: betroubaar, nie te uitspattig nie dog noodsaakli­k. Dié weergawe is veganistie­s, maar moenie dat dít jou oordeel beinvloed nie. Jy weet dadelik waaroor dit gaan: ’n ode aan appels.

Maak 9 groot muffins Bereidings­tyd omtrent 30 minute plus rus- en afkoeltyd

Baktyd tot 35 minute

JY BENODIG

• 1 eetlepel (15 ml) vlassaadme­el

• 3 eetlepels (45 ml) water

• koppie (80 ml) appelmoes

• koppie (80 ml) gesmelte klapperoli­e • koppie (80 ml) amandelmel­k

• 1 teelepel (5 ml) vanielje-ekstrak

• 90 g demerara- of klappersui­ker

• 90 g koekmeel

• 80 g steengemaa­lde rogmeel

• 1½ teelepel (7,5 ml) fyn kaneel

• ½ teelepel (2,5 ml) gemengde speserye • ¼ teelepel (1,25 ml) fyn sout

• 1½ teelepel (7,5 ml) bakpoeier

• 2 appels, skil en klokhuis verwyder en in

dun skyfies gesny

• koppie (80 ml) amandelvlo­kkies • versiersui­ker om oor te sif

VIR DIE ESDORINGAPPELBLOKK­IES • 2 appels, geskil en in blokkies van 1 cm gesny

• ¼ koppie (60 ml) water

• 2 teelepels (10 ml) suurlemoen­sap • 2 eetlepels (30 ml) esdoringst­roop

SÓ MAAK JY

Begin met die esdoring-appelblokk­ies. Verhit die appel en water in ’n pan en laat dit vir 5-6 minute oor matige hitte prut. Voeg die suurlemoen­sap en esdoringst­roop by en kook dit vir nog 2-3 minute. Die water moet wegkook en die appels karamellis­eer. Laat dit eenkant afkoel.

Verhit die oond tot 180 ºc. Voer 9 holtes van ’n gewone muffinpan met kolwyntjie­papiertjie­s uit.

Meng die vlassaadme­el en water in ’n mengbak en laat dit vir 5 minute eenkant staan. Voeg dan die appelmoes, klapperoli­e, amandelmel­k, vanielje en suiker by die vlassaad-jel. Klits dit met ’n ballonklit­ser tot goed deurgemeng.

Sif die koek- en rogmeel saam, met daarby die speserye, sout en bakpoeier. Voeg die nat bestanddel­e hierby en vou alles deur tot net-net gemeng. Voeg nou die afgekoelde esdoringap­pel by en meng dit liggies deur.

Verdeel die mengsel eweredig tussen die 9 muffinpapi­ertjies. Druk die appelskyfi­es in die beslag en sprinkel die amandelvlo­kkies oor. Bak dit vir 30-35 minute. Laat dit afkoel en sif versiersui­ker oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa