Weg! Platteland

Harissa-en-lensieshak­shuka met sesamskuim­botter

-

Hoewel dié shakshuka – ’n tradisione­le gereg uit Noord-afrika – vegetaries is, het dit ’n sekere vleiserige kwaliteit wat baie behaaglik is. Dit bewys maar net hoe veelsydig basiese bestanddel­e uit die spens kan wees. Soos met die meeste resepte in dié boek kan jy dit eenvoudig hou óf die sesambotte­r byvoeg. Kies laasgenoem­de.

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd omtrent 20 minute Gaarmaakty­d omtrent 55 minute

JY BENODIG

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

• 1 rooiui, fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, fyngedruk

• 8 teelepels (40 ml) harissasme­er • 1 teelepel (5 ml) fyn borrie

• 1 blik (400 g) gekapte tamatie

• ½ koppie (125 ml) tamatiepas­sata • 100 ml water

• 1 teelepel (5 ml) suiker

• 1 blik (400 g) lensies, afgespoel

en gedreineer

• 1 koppie (250 ml) Griekse jogurt • ½ teelepel (2,5 ml) sumak

• 4 vryloop-eiers

• vars dille vir garnering

• Turkse platbrode of geroosterd­e rogbrood om voor te sit

VIR DIE SESAMSKUIM­BOTTER

• 1 eetlepel (15 ml) wit sesamsaad

• 1 teelepel (5 ml) komynsaad

• 2 eetlepels (30 ml) gesoute botter

• ¼ teelepel (1,25 ml) gerookte paprika • ’n knypie seesoutvlo­kkies

SÓ MAAK JY

Verhit die olie in ’n groot kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel by en braai dit vir 1 minuut. Gooi nou die harissa en borrie by en braai alles vir nog 2 minute.

Roer die gekapte tamatie, passata, water en suiker by. Verhit die sous tot kookpunt, sit die deksel op en prut dit vir 20-25 minute of tot die sous begin verdik. Roer die gedreineer­de lensies by en verhit die mengsel tot deurwarm.

Meng die jogurt en sumak in ’n bakkie en laat dit eenkant staan teen kamertempe­ratuur tot jy reg is vir opskep.

Maak die sesambotte­r deur die sesamen komynsaad vir 3 minute in ’n droë pan te rooster tot geurig. Voeg die botter, paprika en sout by en verhit alles tot die botter warm is en begin skuim.

Maak vier holtes in die lensiemeng­sel en breek versigtig ’n eier in elke holte. Sit die deksel op (of gebruik foelie) en kook die mengsel oor lae hitte tot die eierwit gaar is (7-8 minute).

Skep die sumakjogur­t oor die shakshuka en drup van die warm sesambotte­r oor. Rond dit af met ’n hand vol dille en sit dit dadelik voor. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa