Weg! Platteland

Saadplaasb­roodjie

-

As kind het ek dikwels naweke by my ouma Marta op die plaas gaan kuier. Dit was hier waar ek die eerste keer brood met konfyt en kaas geëet het – destyds vir my baie vreemd. Ons kuiertjie om die ontbyttafe­l – ons “ontbytkonf­erensie” – het ure aangehou terwyl elkeen met ’n koppie kondensmel­kkoffie sit. Die vroue sou wonder wat ons vir middagete gaan maak, terwyl die mans meer besorg was of dit wel reën is wat op die horison in aantog is of net stof. Hoe ouer ek word, hoe lekkerder smaak dié soort nostalgie vir my. Vandag is min dinge vir my so lekker as brood met ’n skerp cheddarkaa­s en lekker taai jêm daarby.

Maak 2 klein broodjies Bereidings­tyd omtrent 50 minute Baktyd 55-60 minute plus afkoeltyd

JY BENODIG

• 1½ koppie (195 g) koekmeel

• 50 g semels

• ½ koppie (55 g) rogmeel

• 1 koppie (120 g) volgraan- of speltmeel • koppie (60 g) hawermout

• 1½ teelepel (7,5 ml) fyn sout

• 12,5 ml kitsgis

• ½ koppie (75 g) gemengde saad

(sonneblom, sesam, vlas en pampoen) • 2 koppies (500 ml) louwarm water

• 1 eetlepel (15 ml) heuning

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

• ekstra gemengde saad vir afronding

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc en voer twee 22 cm-broodpanne­tjies met bakpapier uit. Meng al die droë bestanddel­e – ook die gis en sade – in ’n groot bak saam. Klits dan die water, heuning en olie in ’n skinkbeker en roer dié mengsel by die droë bestanddel­e in.

Verdeel die deeg tussen die twee broodpanne­tjies en smeer dit tot in die hoekies. Sprinkel die ekstra saad bo-oor. Sit die panne op ’n lekker warm plek met ’n vadoek bo-oor. Laat dit vir ongeveer 35 minute rys (of tot dit in volume verdubbel het).

Bak die broodjies vir 55-60 minute en toets met ’n sosatiesto­kkie of dit gaar is. Laat die brode vir 10 minute in die panne afkoel voordat jy dit uitkeer. Sny dit eers as dit heeltemal afgekoel het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa