Weg! Platteland

Roosmaryn-en-somerbessi­ekonfyt

-

Elke jaar in November bied ek ’n klas aan om eetbare geskenke te maak. Dan word die lug gevul met sitrus- en naeltjiege­ure. In 2018 het ons dié vinnige bessiekonf­yt gemaak – dit is heerlik vrugtig en glad nie te soet nie. As jy die vrugte en suiker die aand vooraf in lae pak, “bloei” die bessies deur die vloeistof en sorg vir ’n intense vrugtegeur. Die houtagtigh­eid van die roosmaryn is heerlik saam met die bessies.

Maak omtrent 500 ml Bereidings­tyd 10 minute plus rustyd oornag

Gaarmaakty­d omtrent 30 minute

JY BENODIG

• 300 g bloubessie­s

• 300 g frambose

• 200 g aarbeie, klokhuis verwyder

en in kwarte gesny

• 300 g witsuiker

• 2 eetlepels (30 ml) suurlemoen­sap • 2 takkies vars roosmaryn

SÓ MAAK JY

Spoel die aand voor die tyd die vrugte af en laat dit goed dreineer. Pak die vrugte en suiker afwisselen­d in lae in ’n diep kastrol – begin met vrugte en eindig met suiker. Bedek en laat dit oornag op die tafel staan.

Voordat jy die konfyt begin kook, sit ’n piering in die yskas. Verhit die vrugte oor matige hitte tot kookpunt en roer dit om die suiker op te los. Voeg die suurlemoen­sap en roosmaryn by. Verhoog die hitte en kook dit vinnig vir 20-25 minute – roer gereeld, veral teen die einde as die konfyt begin verdik. Skep enige skuim af.

Drup ’n teelepel vol van die konfyt op die koue piering. Sodra dit afgekoel het, trek jou vingerpunt deur die konfyt – as die velletjie plooie maak, is dit reg.

Verwyder die roosmarynt­akkies en gooi dit weg. Skep die warm konfyt in gesterilis­eerde flesse en verseël dit dadelik. >

Wenk

Vir ’n sagte kaas dreineer die jogurt vir 24 uur, maar as jy dit fermer verkies, laat dit 48 uur in die yskas hang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa