Weg! Platteland

Waar blomme en bome troos bied

-

Te midde van die afsonderin­g wat die nasionale inperking meegebring het – en die ongekende omwentelin­g in die tydskrifbe­dryf – is daar één plek waar die legendarie­se tydskrifdo­yenne rustig kan raak... Nuwelandbo­s, Kaapstad

Ons woon in ’n kleinerige woud in Nuweland, Kaapstad, en ek kan nie aan ’n beter plek dink om ingeperk en sonder werk te sit nie. Waar ek ook al staan – by watter venster ook al – bevind ek my óf onder ’n blaredak óf die bome kyk terug na my.

Baie jare gelede, midde-in ’n skrikwekke­nde oorlog in die noorde van Engeland, het my ma ons gevat na haar gunsteling­bome. Sy het altyd gesê hulle klee as ’t ware die landskap, maar ons het geweet hulle het vir haar veel meer beteken, veral dié wat neute reën. Ons bome doen dit ongelukkig nie, maar hulle was een van die redes waarom ons dié huis gekoop en in hulle skaduwee en skuiling wortel geskiet het.

Vandag word die wêreld in die gesig gestaar deur ’n vyand soos g’n ander in onlangse tye nie. Dit is onsigbaar en stil... en maak ons bang vir mekaar se geselskap. Ons dra maskers en mompel vir mekaar. Die nuus op TV lyk soos ’n gruwelflie­k. Sogenaamde leiers babbel en kibbel. Kommentato­rs kan nie die regte toon vind vir die inligting wat hulle moet oordra nie. Bekende stemme oor die radio klink onseker oor wat hulle moet sê. Vriende bel mekaar net om te hoor hoe mekaar se gedagtes klink. Wat moet ons doen om gered te word? Dié week is ek terug na ’n plek waar sneeuklokk­ies die grond bedek soos ’n sneeutapyt. Ek en my skoonma het elke jaar ’n pelgrimsto­g aangepak om dié ervaring saam mee te maak.

Dié slag het vier kinders saam gedans sonder om ’n spoor agter te laat. Ek weet die sneeuklokk­ies sal volgende jaar nog daar wees. Ek hoop ons ook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa