Dagga Die omstrede “heilige plant” het darem ook sy deugde
Sedert die Konstitusionele Hof se uitspraak dat Suid-afrikaanse volwassenes dagga vir persoonlike gebruik in die privaatheid van hulle huis mag kweek, wend ál meer Suid-afrikaners hulle tot dié kragtige plant om pyn en gesondheidsprobleme te verlig of gen
In 2012 het ’n jubelende Kelly Mcque op Facebook aangekondig sy het haarself met dagga-olie genees nadat sy agt maande tevore met borskanker gediagnoseer is – en dít sonder enige gesondheidskwalifikasie of Westerse mediese hulp. Kelly wou die ganse wêreld vertel watter kragtige gesondheidsvoordele Cannabis indica en Cannabis sativa inhou, maar dié twee hoofspesies “mediese” dagga was toe nog onwettig en is in die algemeen as gevaarlik, skadelik en hoogs verslawend beskou.
“Talle kulture het dagga oor die eeue medisinaal gebruik, totdat dit sowat 100 jaar gelede verbied is,” vertel sy. Al word van die beste dagga ter wêreld in die buitelug in Suid-afrika gekweek – Platteland het oor die afgelope sewe jaar die plant in talle tuine raakgeloop! – is die gebruik daarvan vir medisyne én ontspanning veroordeel as skandalig en iets wat jy liefs in die geheim moet doen. Veral vrees vir die lang arm van die gereg, maar ook die vrees om sosiaal veroordeel te word, het ’n belangrike rol gespeel.
Die reaksie ná Kelly se Facebookplasing agt jaar gelede het erg gewissel: Party mense was verras, ander ondersteunend. Heelwat van hulle het vrae gehad, en talle vriende en familie het net tjoepstil gebly.
“Ek wou graag my ervaring deel, want diep in my hart het ek geweet daar is hope ander mense soos ek wat vertroue in die Westerse mediese stelsel verloor het en wat graag iets anders wou probeer wat hulle lewe kon red. Ek het besluit ’n blog is die beste manier om die boodskap te versprei, en daarom het ek in 2013 die blog Kitchen Cures begin.
“My aanvanklike plan was om net stap-vir-stap-aanwysings te deel oor hoe jy jou eie dagga-olie tuis kan maak, maar namate meer mense uitgevind van die gebruik van dagga om kanker te behandel, het al hoe meer die moed gehad om dit te probeer en my te kontak vir bystand en raad. Ongelukkig het nie almal dieselfde sukses as ek gehad nie. Dit was moeilik om dié lewensverliese te hanteer. Maar namate meer navorsing oor die mediese voordele van dagga gedoen is, het die openbare mening verander. Omdat cannabis natuurlike anti-inflammatoriese eienskappe het én pyn verlig, het ek stadigaan al hoe meer navrae gekry van mense wat dagga wou gebruik vir ander siektetoestande as kanker – van slapeloosheid en artritis tot Miv-vigs, lupus en Parksinson se siekte.”
Op 18 September 2018 het die Konstitusionele Hof verklaar Suidafrikaanse volwassenes het die reg om dagga by die huis te kweek vir persoonlike gebruik, maar dit bly onwettig om daarin handel te dryf. Dié uitspraak was die finale groen lig waarvoor Kelly gewag het om At Home with Cannabis: How to Make and Use Cannabis Products Safely and Effectively at Home te skryf. Platteland het dié boek as hoofbron gebruik om hierdie artikel saam te stel.
Kelly sê die gebruik van dagga is
“’n baie individuele” ervaring. “Waar die farmaseutiese model ’n one-size-fitsall-benadering gebruik, het jy vir dagga ’n meer persoonlike aanslag nodig om die korrekte plantlyn en dosis te kies.”
Volgens haar is dit belangrik om te verstaan hoe cannabis met die liggaam reageer om te bepaal wat die regte behandeling is. ’n Mens moet ook ingelig wees oor moontlike neweeffekte soos duiseligheid, naarheid, ’n droë mond, angsaanvalle, hallusinasies, paranoia en hartkloppings wat vreesaanjaend dog skadeloos is.
“Die meeste mense ervaar ’n matige hoofpyn of verkoueagtige simptome as hulle die eerste keer dagga gebruik,” sê Kelly. “Dit is ’n teken dat die ontgiftingsproses begin het. Die goeie nuus is dat niemand nog dood is van te veel cannabis nie!”
In ’n neutedop is cannabis ’n kragtige antioksidant wat holisties met die liggaam werk en dikwels meer as een >
At Home with Cannabis eindig met ’n lang lys van mediese kwale en voorstelle hoe dit met dagga behandel kan word: Aknee, aandaggebreksindroom (ADD) of aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD), motorneuronsiektes soos amiotrofiese laterale sklerose (ALS), Alzheimer se siekte, anoreksie, angs, outisme, hoë bloeddruk, kanker (hormoongedrewe kankers, vroeëstadiumkanker, laatstadiumkanker, serviks- en eierstokkanker, velkanker, prostaatkanker, testikelkanker, skildklierkanker), chemoterapie, Crohn se siekte, demensie, depressie, diabetes, ekseem, epilepsie en toevalle, moegheid, verkoue, sooibrand en slegte spysvertering, Huntington se siekte, slapeloosheid, lupus, menopouse, menstruasiekrampe, migraines en hoofpyne, beskadige senuwees, pyn, Parkinson se siekte, post-traumatiese stresversteuring, swangerskapverwante oggendsiekte, stres, beroerte en spanning. siektetoestand of simptoom behandel. Dagga reageer met die endokannabinoïede stelsel wat in die liggaam van alle soogdiere voorkom.
Kannabinoïedreseptore, beter bekend as CB1 en CB2, vorm deel van die endokannabinoïede stelsel en kom voor in die brein, longe, lewer, niere, voortplantingsorgane, senuweestelsel, bindweefsel, kliere en selfs immuunselle. Dit is dié stelsel wat byvoorbeeld ons eetlus, luim en pynvlak beheer.
Die Cb1-reseptore, wat in groot hoeveelhede in die brein voorkom, reageer met tetrahidrokannabinol (THC) en is verantwoordelik vir die euforiese gevoel wanneer iemand dagga gebruik. Die Cb2-reseptore kom hoofsaaklik in die immuunstelsel voor en reageer met kannabidiol (CBD). Dit is dié reseptore wat die immuunstelsel help om inflammasie te beveg.
Dagga bevat meer as 85 kannabinoïede, ’n klas diverse chemiese samestellings wat in plante, diere en mense voorkom, en wat met die endokannabinoïede reseptore reageer om die bovermelde liggaamsfunksies te reguleer. Anders gestel: As jy aan die endokannabinoïede stelsel as ’n stel slotte dink, is die endokannabinoïede reseptore die sleutels wat perfek in die slotte pas en saam werk om die liggaam se volle genesende potensiaal te ontsluit.
CBD en THC is twee van die kannabinoïede wat die oorvloedigste in die daggaplant voorkom. THC word in die algemeen geassosieer met ’n serebrale bedwelming, beter bekend as ’n head high – jy voel gefokus, vol energie, gemotiveer, en meer kreatief en verkwik.cbd, aan die ander kant, laat gebruikers meestal kalm, honger, ontspanne en slaperig voel. (Daar is waarskynlik te veel CBD en hopeloos te min THC in die lug by Eskom se hoofkantoor. – Reds.)
Die twee hoofspesies dagga wat medisinaal gebruik word, is Cannabis indica en Cannabis sativa. Daar is merkbare verskille tussen dié twee – op ’n chemiese vlak én wat voorkoms betref. Indien jy van plan is om jou eie cannabis-ekstraksie te maak, sal een van jou eerste besluite wees om te kies watter spesie die beste by jou spesifieke behoeftes pas. Die goeie nuus is dat jy die hele plant vir medisinale doeleindes kan gebruik – die wortels, blare, blomme én die sade, wat as een van die natuur se superkosse beskou word.
Cannabis indica-plante is in die algemeen korter en bonkiger as hulle Cannabis sativa-eweknieë, wat breër, donkerder blare het en gewoonlik ook ’n kleiner blommedrag. Indica-plantlyne bevat in die algemeen hoër konsentrasies CBD, wat beteken dit het meestal ’n kalmerende uitwerking en werk goed om stres te verlig en jou beter te laat
VRYWARING
Die raad, voorstelle en resepte in dié artikel en in At Home with Cannabis is bedoel as ’n persoonlike gids om daggaprodukte vir hulle genesende eienskappe te gebruik. Dit is nie bedoel as mediese advies nie en moet ook nie die leiding van ’n gekwalifiseerde gesondheidsorgpraktisyn vervang nie. Besluite oor jou gesondheid moet deur jou en jou gesondheidsorgverskaffer geneem word, gegrond op jou spesifieke besonderhede, risikofaktore en familiegeskiedenis. Platteland, Kelly Mcque en die uitgewers van dié tydskrif en boek het alle moontlike voorsorg getref om seker te maak die inligting is veilig en akkuraat, maar kan nie enige aanspreeklikheid aanvaar vir beserings, verliese of skade aan eiendom of mense wat regstreeks of onregstreeks hieruit spruit nie.
Daar kan interaksies wees tussen cannabis en farmaseutiese medisyne wat waarskynlik nie dodelik is nie, maar die effek kan uiters onaangenaam wees. Mense wat antidepressante en ander neurologiese medikasie – of bloeddruk- of bloedverdunningsmedisyne – gebruik, word gewaarsku om met klein hoeveelhede dagga, verkieslik hoog in CBD, te begin en die dosis geleidelik te verhoog terwyl die farmaseutiese medisyne onder streng mediese toesig stelselmatig verminder word.
INTERAKSIES
laat jou meer gemotiveer en vol energie voel. Cannabis sativa-plantlyne werk goed vir mense wat sukkel met depressie, stagnasie of pyn.
VROULIKE EN MANLIKE PLANTE
Slegs vroulike plante produseer die gesogte daggablom. Indien ’n vroulike plant bevrug word, sal die blomkoppe sade produseer en heelwat potensie inboet. Tensy jy dus ’n ernstige plantkweker is, word manlike plante gewoonlik dadelik uitgepluk wanneer jy die geslag kan identifiseer, en dan op die komposhoop gesmyt. (Maar onthou, jy kan die blare van manlike plante steeds in sap of slaai gebruik, en die wortels vir tee.) >
Die vroulike blomme bevat dieselfde chemiese stowwe as die blare, maar in veel hoër konsentrasies. Trouens, die hoogste konsentrasie kannabinoïede kom in die blomme voor, en dít is waarom dié deel van die plant die meeste gebruik word.
In sy rou, natuurlike vorm is THC ’n suur wat bekend staan as tetrahidrokannabiniolsuur (THCA) en dis ook nie psigoaktief nie (en kan jou dus nie “hoog” maak nie). Maar sodra dit verhit word, sit die THCA om in aktiewe THC. Dié hitte-aangedrewe reaksie word dekarboksilering genoem en volledig in die boek verduidelik. Die blomme kan gerook, versap, as tee getrek of in ekstraksies, aftreksels, tinkture en kos gebruik word.
BLARE
Daggaplante het twee soorte blare: die baie herkenbare waaierblare wat as internasionale simbool vir dagga gebruik word, en suikerblare. Die waaierblare is die breë blare wat die grootste deel van die plant uitmaak en ongelooflik lae vlakke van THC bevat. Dit is wel ’n goeie bron van chlorofil (wat die liggaam help om suurstof te absorbeer) en vesel. Die suikerblare is die klein blaartjies digby die blomkoppe en is dikwels oortrek met klein kristalletjies. Dié blaartjies word soms voor of ná die droog-en-rypmaakproses afgeknip en bevat veel hoër Thc-vlakke as die waaierblare.
Die blare is ook ryk aan vesel, magnesium, kalsium, folaat, yster, vitamien C, vitamien K en antioksidante. Omdat die blare ook CBD bevat, kan dit help om jou te laat ontspan en beter te slaap.
Geniet die voordele van die blare deur dit in ekstraksies, sap, slaai of geregte soos quiche te gebruik, of voeg kookwater by en laat dit trek vir tee.
Kelly het oor die jare volgehou met haar veldtog om mense aan te moedig om hulle eie daggamedisyne te maak, en het keer op keer gesien hoe bemagtigend dit is wanneer mense beheer neem van hulle eie gesondheid. Tot haar verbasing het sy ook ontdek die meeste mense verkies as die medisyne vir hulle gemaak word. Dit verklaar waarskynlik waarom daar oor die afgelope twee jaar ál meer kommersiële Cbd-produkte – olies, salwe, tinkture, kapsules en selfs eetgoed – op Suid-afrikaanse winkelrakke pryk.
Vir mense met kanker, wat aangeraai word om minstens 60 ml daggaolie in te neem (oor etlike weke), kan dit moeilik en onbekostigbaar raak. Handel in dagga is immers steeds onwettig en baie van die kommersiële Cbd-produkte peperduur. Anders as farmaseutiese medikasie wat beskikbaar is, word cannabisprodukte nie deur mediese versekering gedek nie. Dit kan baie stresvol wees vir mense wat reeds met hulle gesondheid sukkel om geld bymekaar te skraap om vir hulle behandeling te betaal.
Maar wat soveel mense klaarblyklik nie besef nie, is dat hulle dié uitgawes ingrypend kan verlaag deur sélf hulle cannabis-olie te maak. Boonop is dit relatief maklik om jou eie daggamedisyne en -eetgoed op te tower, vernaam as jy eers al die basiese beginsels verstaan en toegang het tot jou eie voorraad vars plantmateriaal – meer inligting hieroor is te kry aan die einde van die storie op bl. 106, onder die hofie “Vind meer uit”. >