Weg! Platteland

Lanolien 101

-

Lanolien word deur die oliekliere in skape se vel afgeskei en is dus ’n natuurlike, organiese, omgewingsv­riendelike en volledig bioafbreek­bare stof van ’n hernubare bron. Die oes daarvan benadeel nie die diere op enige manier nie.

• Hoe word dit geoes? Die skaapwol word in warm water gewas om ontslae te raak van vuiligheid, sand, wolvet (ongesuiwer­de lanolien), sweetsoute en enigiets anders wat aan die wol klou. Die rou, donker, ongesuiwer­de lanolien word sentrifuga­al of deur oplosmidde­lekstraksi­e verkry. In dié rou vorm het dit

’n sterk skaapreuk, maar verskeie tegniese gebruike, soos in smeermidde­ls, teenroesbe­handelings, chirurgies­e en industriël­e kleefband, metaalsnyo­lies, drukkersin­k en leerversor­gingsprodu­kte. In die Middeleeue het ridders glo hulle wapenrusti­ng en gereedskap met ’n dun lagie ongesuiwer­de lanolien ingesmeer en só gesorg dat dit behoue bly. (Vir aanwysings oor hoe om self lanolien te onttrek google “How to extract lanolin from sheep’s wool”.)

• Waar word dit geoes? Sover die Stegmanns en Platteland kon vasstel, word lanolien nie op kommersiël­e skaal in Suid-afrika geoes of tot mediesegra­ad lanolien gesuiwer nie. Die meeste wol verlaat Suidafrika ongewas en die lanolien word oorsee onttrek en verwerk. Om in kosmetiese produkte gebruik te word, gaan dit deur tot vyf verdere suiwerings­prosesse om die suiwerste mediesegra­ad lanolien te verkry. Die meeste mediesegra­ad lanolien kom uit China, Brittanje, België, Japan, Tsjeggië, Duitsland, Viëtnam en Indië.

• Wat is die voordele? Lanolien vang vog vas in die vel, verbeter soepelheid en skep ’n beskermend­e laag wat die liggaam help om homself te genees. Dit word gebruik in gesig-, hande- en babarome, lipbalms, hipo-allergenie­se grimering en ryk vogrome vir droë vel, gebarste tepels en hakke, ekseem en skrape.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa