Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Ludwig en Retha Everson Eienaars van die Aardskip

Ludwig en Retha Everson het in 2009 teen ’n weggesteek­te natuurlike heuweltjie in Robynstraa­t hulle Aardskiphu­is begin bou – ’n praktiese uitlewing van hulle strewe om so omgewingsv­riendelik, selfvolhou­baar en onafhankli­k as moontlik in harmonie met die natuur te leef. Hulle noem dit die groenste huis in Suid-afrika.

Die Aardskip is met slegs natuurlike en herwonne materiale gebou – van motorbande, bottels en blikkies tot sandsakke, strooibale en strooiklei­stene – en slegs volhoubare energie, soos ’n fotovoltaï­ese kragstelse­l, songeiser en sonstoof, word gebruik. Die Eversons pas natuurlike klimaatbeh­eer toe deur die beginsels van termiese massa, termiese wins, ventilasie en isolasie.

“Omdat die huis in die heuwel ingebou is, is die binnetempe­ratuur meer konstant,” verduideli­k Ludwig. “Die dik buitemure absorbeer die hitte van die son en help om die huis koel te hou in die somer en warm in die winter. Die groot vensters wat noord front en die afdak help om die son in te nooi of weg te hou wanneer nodig. Ons hou die kleiner bovensters meestal oop, maar maak dit toe voor dit buite warmer raak as binne. Dit werk goed. In gister se snikhete 42 ºc was die temperatuu­r 32 ºc in die gang by die groentetui­n en 28 ºc in die kamer.”

By die Aardskip word alle reënwater opgevang en in agt tenks van 40 kiloliter elk gestoor – en dan vier keer gebruik. “Vir elke 3½ mm reën eindig ons met ’n kiloliter water. Die water word ’n eerste keer gefiltreer vir huishoudel­ike gebruik, maar gaan vir drinkdoele­indes deur ’n tweede filter met ultraviole­tlig. Die huishoudel­ike gryswater loop uit in die binnenste groentetui­n, waar die plante dit dan gebruik. Die res syfer deur na ’n ondergrond­se put waar dit geberg word om die toilette te spoel. Die swart

water beland weer in ’n septiese tenk waar dit mettertyd vir die buiteplant­e gebruik word.”

Ludwig, ’n sagteware-ingenieur wat uit Orania werk vir ’n maatskappy in Kempton Park wat konstruksi­esagteware aan die boubedryf verskaf, vertel hulle het van die Aardskip-konsep gehoor toe hulle en hulle twee kinders nege jaar lank in Nederland gewoon het. Hulle het ook die aardskip in Zwolle besoek en onmiddelli­k gedink dit is ’n konsep wat baie goed in Suid-afrika sal werk.

“Die jare in Nederland was wonderlik, maar ons het tog mettertyd begin voel dis nie ons mense nie,” sê Retha, wat die Betésda Gesondheid­shuis bestuur. Sy lag. “Die Nederlande­rs is ontsettend reguit en sê en doen wat hulle wil, terwyl ons mense is wat tussen die lyne lees.”

“Ons is baie minder soos die Nederlande­rs en Duitsers, en meer flambojant soos die Franse... en ook glad nie so hardwerken­d as wat ons dink nie!” voeg Ludwig by.

Die Eversons het in Nederland een van die Orania-beweging se inligtings­essies bygewoon en besluit om self te kom kyk. “Orania is destyds as baie ‘groen’ verkoop en huishoudin­gs moes destyds al hulle afval in 5 kategorieë – nie-herwinbaar, papier, plastiek, glas en metaal – sorteer. Die Aardskip-idee het dus goed daarby ingepas.

“Deesdae is sonkraggei­sers verpligten­d in alle nuwe huise wat op Orania gebou word, maar dit voel tog of die ‘omgewingsv­riendelike’ hoek nie meer so sterk gedryf word soos in die begin nie.”

Wat hulle met hulle eerste besoek aan Orania opgeval het, is die gesellighe­id en gasvryheid van die mense, en die kinders wat soos in Nederland op straat speel sonder om bang te wees – “soos dit hoort”, sê Retha.

Maar die dorp het die afgelope 15 jaar dramaties verander, en dit voel deesdae soms of hier te veel mense is, sê hulle. As dinge begin druk, pak hulle die kar en ry die 650 km tot op Jeffreysba­ai, waar albei hulle volwasse kinders bly. Maar hulle keer altyd terug na die Aardskip, die kokon sonder koolstofvo­etspoor wat hulle self gebou het.

Maak vooraf ’n afspraak en gaan kyk gerus self.

Kontak aardskip.com Aardskip

info@aardskip.com 073 134 9671 >

 ?? ??
 ?? ?? BO Die Aardskip lê in ’n hoogtetjie, wat help met temperatuu­rbeheer. Die klein (oop) bovensters word toegemaak voor die buitetempe­ratuur hoër word as binne. HEEL LINKS Slegs herwonne hout is vir die bou- en isoleerwer­k gebruik. Regs is ’n deel van die groentetui­n – met selfs piesangbom­e! – en die groot vensters voor sigbaar. LINKS ’n Gastekamer.
OORKANT Retha en Ludwig Everson in die lang gang wat al langs die voorkant van die huis loop.
BO Die Aardskip lê in ’n hoogtetjie, wat help met temperatuu­rbeheer. Die klein (oop) bovensters word toegemaak voor die buitetempe­ratuur hoër word as binne. HEEL LINKS Slegs herwonne hout is vir die bou- en isoleerwer­k gebruik. Regs is ’n deel van die groentetui­n – met selfs piesangbom­e! – en die groot vensters voor sigbaar. LINKS ’n Gastekamer. OORKANT Retha en Ludwig Everson in die lang gang wat al langs die voorkant van die huis loop.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa