Wen­as­se:

Diens jou­ne só

Weg! Ry & Sleep - - FRONT PAGE -

DIE VRAAG

Ek het om­trent ’n jaar ge­le­de ’n T-Max­wen­as ge­koop. Ek het die wen­as aan­vank­lik dik­wels ge­bruik – nie om­dat ek dit no­dig ge­had het nie, maar om­dat ek dit wou leer ken.

Die af­ge­lo­pe 10 maan­de het ek dit glad nie ge­bruik nie, en nou be­gin ek be­kom­merd raak daar­oor. Die wen­as werk nog goed, maar ek be­plan ’n reis na Mo­re­mi en wil se­ker maak dit laat my nie in die steek nie. Hoe diens ek die wen­as om se­ker te maak dis 100% reg vir Botswa­na?

DIE ANT­WOORD

DIE 4WD TRUCKIN’ COM­PA­NY ANT­WOORD: Wen­as­se is ge­woon­lik taai, daar­om sal ons jou aan­raai om nie met iets te peu­ter wat werk nie. Maar jy is met reg be­kom­merd. ’n Wen­as moet soos e­ni­ge mo­tor­on­der­deel on­der­hou word.

Wen­as­se laat jou meest­al oor een van twee re­des in die steek: Dis te veel ge­bruik, of te min. Die eer­ste is dik­wels die ge­val waar die wen­as kom­mer­si­eel ge­bruik word en daag­liks in­ge­span word. ’n 4x4- Kom­pe­ti­sie is nog ’n plek waar ’n wen­as ge­woon­lik baie ge­bruik word. Die kans dat ’n wen­as (me­ga­nies) in­gee on­der nor­ma­le 4x4-om­stan­dig­he­de, is eg­ter baie skraal. Die kans is veel gro­ter dat die wen­as sal in­konk om­dat dit te min ge­bruik word. Dit ge­beur ge­woon­lik weens ’n e­lek­trie­se de­fek, en is feit­lik son­der uit­son­de­ring die ge­volg van roes of sly­ta­sie.

Vog is die vy­and. Die wen­as kan nat word in ’n wa­ter­hin­der­nis, mod­der of re­ën, maar kan ook vog op­bou weens wa­ter­damp in die wen­as self.

Die wen­as kan op ’n paar plek­ke roes. As jy dit dus diens, gaan al die e­lek­trie­se kon­tak­pun­te na. As jy te­kens van roes sien, ver­wy­der die e­lek­trie­se punt en skuur die roes­plek met Scotch-B­ri­te. Spuit daar­na ’n o­lie soos Q20 of WD40 op.

Wen­as­se kan ook op­pak weens roes en sly­ta­sie van die so­le­no­ï­de. On­ge­luk­kig is die so­le­no­ï­de ge­se­ël­de een­he­de wat nie ge­diens kan word nie. Be­ken­de wen­as-han­dels­mer­ke ver­koop eg­ter spaar-on­der­de­le, en dis re­de­lik mak­lik om die so­le­no­ï­de te ver­vang. ’n Paar nu­we-ge­ne­ra­sie­wen­as­se is nou heel­te­mal e­lek­tro­nies en ge­bruik e­lek­tro-mag­ne­tie­se so­le­no­ï­de, wat dit meer wa­ter­be­stand en be­trou­baar maak.

Die wen­as se mo­tor kry ook sly­ta­sie, maar dis mak­lik om te ver­wy­der en skoon te maak. Skuur die mo­tor se ag­ter­ste kon­tak­pun­t­a­rea met Scotch-B­ri­te af, maar ge­bruik ’n draad­bor­sel vir die romp van die mo­tor. Bly weg van skuur­pa­pier, want dit kan stuk­kies in klein o­pe­nin­ge ag­ter­laat wat die on­der­de­le be­ska­dig.

Die wen­as se mo­tor her­in­ner baie aan die mo­tor se aan­slui­ter, en jy hou dit op die­self­de ma­nier in stand. Die mees­te ou­to-e­lek­tri­si­ëns kan dit diens, maar jy kan ook jou wen­as na ons Jo­han­nes­burg-tak b­ring (as jy na­by is). Dan diens ons dit vir jou.

WENKE OM JOU WEN­AS TE VER­SORG:

1JY MOET JOU WEN­AS MIN­STENS EL­KE TWEE­DE MAAND GE­BRUIK – al is dit net in jou op­rit. Die wen­as moet warm word so­dat die o­lie kan sir­ku­leer en die klam­mig­heid kan ver­dwyn. As jy nie die wen­as ge­bruik nie, gaan dit pro­ble­me be­gin gee.

2WENASSE HET AL DIE SMEERMIDDELS WAT DIT NO­DIG HET, daar­om hoef jy nie die o­lie of ghries te ver­vang nie. ’n Bie­tjie Q20 of WD40 el­ke nou en dan sal die vog weg­hou, die le­wens­duur van die wen­as ver­leng en se­ker maak dat dit in ’n wer­ken­de toe­stand bly.

3JOU 4X4 SE BAT­TE­RY IS DIE WEN­AS SE LE­WENS­AAR. Sorg dat jy swaar­dienska­bels ge­bruik, en dat die bat­te­ry­po­le en -kon­nek­sies in ’n goeie toe­stand is en styf pas – maar nie te styf nie. Soms is daar ’n dun la­gie roes aan die bin­ne­kant van die bat­te­ry-kon­nek­sie. Die kon­nek­sie lyk dus skoon, maar dit is nie.

4SOMS MAAK INSTALLEERDERS DIE FOUT om die wen­a­ska­bel na die voer­tuig se buf­fer te aard om­dat hul­le ver­on­der­stel dat die buf­fer vol­doen­de ge­aard is. Maak dood­se­ker dit is nie ge­val met jou wen­as nie.

5GAAN AL­TYD JOU WEN­AS NA VIR KRON­KELS, LOS DRAADJIES OF RAFELS. Moet nooit die ka­bel om die buis laat bon­del nie. En ont­hou, as jy die ge­lei­ding te styf trek, kan die haak be­ska­dig. Dan sal jy die haak moet ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.