Weg! Ry & Sleep

Kom reis saam na die Richtersve­ld

-

Ek was, met die laaste telslag, al in 31 lande op ses vastelande. Daarom kan ek met sekerheid sê dat Suider-Afrika nie die monopolie op pragtige bestemming­s het nie.

Maar wat ons stukkie aarde wel anders maak, is die groot geografies­e verskeiden­heid. As jy enigiets soortgelyk elders soek, moet jy waarskynli­k na Noord-Amerika reis, waar jy duisende kilometers moet reis om dieselfde veranderin­gs te sien waarvoor ons hier op die uiterste ’n paar honderd kilometer, soms heelwat minder, moet ry. Ons besef nie altyd watter groot voorreg dit is nie.

Een so ’n plek is die Richtersve­ld, daai stuk klipbesaai­de wêreld in die noordweste­like hoek van die land, teenaan die Oranjerivi­er.

Deur die jare het ek dit al ’n paar keer besoek. En as ek dalk nou ’n paar dae se verlofbonu­s sou kry (ek wonder of my base my redakteurs­brief lees), sal dit een van die eerste plekke wees waarheen ek my bakkie se neus druk.

Ek het al snaakse ervarings daar gehad. Soos die een vryskutfot­ograaf wat heeltyd kliphard na U2 wou luister terwyl ek die ruite wou afdraai en net na die klanke van, wel, die Richtersve­ld se leegheid, wou luister.

Dan was daar die motorfiets- trip toe ek vingeralle­en van Springbok se kant af agterlangs verby Nababeep my pad al langs twee spoor paadjies opgewerk het tot in Sendelings­drif.

Naderhand het die paadjie ál hoe nouer geraak en die hekke al hoe meer. In ’n stadium het ’n groep jongmense uit ’n plaasopsta­l gekom en nadergesta­p toe ek ’n hek wou oopmaak. Hulle het, laat ek nou eerlik wees, snaaks gelyk. Ek het visioene van die fliek Deliveranc­e gekry. Ek kon reeds die koerantops­krif “Man verdwyn raaiselagt­ig” in my geestesoog sien. Uiteindeli­k het ek darem veilig met my reis voortgegaa­n.

Naderhand was ek min of meer tussen niks en nêrens nie, behalwe ’n paar plase in ’n ry wat behoort het aan dieselfde ou: Willie Nelson. Elke keer wat ek sy naam op nóg ’n plaasnaamb­ord gesien het, het ek gewonder watter plaaseiena­ar volgende sou wees, Johnny Cash, Waylon Jennings of Kris Kristoffer­son? Wenk: soek na “The Highwaymen” op YouTube.

Afgesien van ’n paar stukke gereedskap, tentjie en slaapsak, het ek net twee liter water, beskuitjie­s en ’n blikkie of twee sardyne by my gehad. Ek moes deur ’n paar sanderige rivierlope met die bike ry, wetende dat ’n beseerde pols of enkel weens ’n valslag sou beteken het dat die enigste ander lewende wese hier rond waarskynli­k ’n jakkals of ’n aasvoël sou wees.

Gelukkig het ek dit heelhuids gemaak en kort nadat ek die R382 tussen Steinkopf en Port Nolloth oorgesteek het en lang stofstrepe met die ysterperd na Sendelings­drif begin maak het, het ek ’n ander stofpadbik­er teëgekom – toevallig een wat ek ken. Wat is die kanse?

Dís hoekom ons mos reis: om avonture te beleef, om mooi plekke te sien – en nou en dan ’n lekker verrassing of twee te ervaar. En nie om kliphard na U2 te luister nie. Wel, ek weet nie waarna Evan geluister het toe hy die Richtersve­ld vir ons gaan besoek het nie, maar hy’t – soos gewoonlik – weer ’n uitstekend­e job daarvan gedoen. So, as jy wil weet waar om te kamp, wat om alles daar te doen en watter plantgehei­me daar alles skuil, blaai na bladsy 40 van hierdie uitgawe. Gaan soek ook sy kort video’tjie op ons webwerf.

Die res van die tydskrif staan ook nie ’n duim hiervoor terug nie. Charles het vir ons gaan kyk hoe dit in Zimbabwe gaan. Dinge gaan goed, maar my raad so wees om die stede te vermy en die nuus dop te hou. Let wel, nie ’n geskinder op Facebook deur iemand wie se neef se tante se kleinkind twee jaar gelede iets oor Zimbabwe gelees het nie, maar ingeligte menings. Besoek gerus WegRy se Facebook-blad daarvoor. Ons weet nie alles nie, maar van ons lesers was waarskynli­k onlangs daar.

En dis omtrent dit. Daar is, soos gewoonlik, weer baie nuttige inligting, stof tot nadenke, 4x4-nuus en ’n moedswilli­ge grappie of twee in die tydskrif wat jy vashou. Dis aanmekaarg­esit met entoesiasm­e en redelike kennis – en is nóg ’n opregte spanpoging om die beste 4x4-leefstylty­dskrif in Suidelike Afrika te bly.

Nouja toe, waarvoor wag ons? Maak vas die gordels, hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa