Max­i­mi nr. 2 is hier!

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

As jy in die mark is vir ’n klein op­slaan­bos­wa, kan jy ge­rus gaan loer na die nu­we wa van Max­i­mi van F­rik Oost­hui­zen. F­rik is be­kend vir sy Max­i­mi-bos­woon­wa wat al t­wee jaar op die mark is.

Hy sê sy nu­we klein bos­wa is vir kam­peer­ders wat nie met ’n leer tot in die dak­tent wil klou­ter nie. Jy k­lim ín die wa en op die bed.

Die wa lyk soos ’n sleep­wa met ’n dek­sel. Die ma­tras is in die dek­sel­ge­deel­te en die tent­seil is aan die dek­sel vas. So­dra jy die dek­sel oop­slaan, vou die tent oor die wa oop. Jy k­lim met ’n af­slaan­trap­pie ag­ter in die wa in.

F­rik het met die hout weg­ge­doen – die bin­ne­kas­te is van nu­wer­wet­se lig­te ma­te-

ri­aal. ( Hy wil nie sy ge­heim

ver­klap nie. – Red.) Die romp is van staal wat met a­lu­mi­ni­um­plaat oor­ge­trek is.

Aan die lin­ker­kant trek ’n ys­kas op ’n gly­raam uit die romp, en langs­aan is t­wee kas­sies waar­van die deu­re ’n werk­blad vorm. Die gas­gei­ser en t­wee gas­bot­tels pas in die neus­kas. Wat is op­si­o­neel? On­der meer ’n 130 ℓ-wa­ter­tenk, gei­ser en stoof. Die sy­fers 3,51 (l) x 1,89 (b) x 1,46 m(h) – oop­ge­slaan 2,7 m hoog; tar­ra ± 500 kg; dra­ver­moë ± 900 kg; BVM 1 400 kg. Be­oog­de prys R160 000 (stan­daard). Kon­tak 072 280 8492; in­fo@max­i­mi.co.za; max­i­mi.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.