GM se uit­tog raak O­pels nie

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Ge­ne­ral Mo­tors se aan­kon­di­ging dat die maat­skap­py uit Suid-A­fri­ka ont­trek, het skok­gol­we deur die land ge­stuur – ver­al vir ei­e­naars van I­su­zu-, O­pel-en na­tuur­lik C­hev­ro­let-voer­tuie, wat on­der dié maat­skap­py se vaan­del ge­val het. I­su­zu het eg­ter reeds die C­hev­ro­let-aan­leg in Port E­li­za­beth oor­ge­koop en nou lyk dit as­of O­pel-ei­e­naars ook nie na­de­lig ge­raak sal word nie.

Toe GM sy aan­kon­di­ging ge­doen het, was die maat­skap­py reeds in die pro­ses om O­pel aan die Peu­ge­ot-groep te ver­koop, en kort daar­na is ’n oor­een­koms met Williams Hunt aan­ge­gaan om na­ver­ko­pe­diens, waar­bor­ge en diens­te by GM oor te neem.

Die waar­de van twee­de­hand­se O­pels bly ste­wig, on­danks GM se skuif, sê Jeff Os­bor­ne, hoof van Gum­tree SA se mo­tor­af­de­ling. “Die ver­ko­pe van hul­le nu­we voer­tuie groei in ’n krim­pen­de mark, en het ons geen da­ling in die waar­de van twee­de­hand­se O­pels op ons web­werf ge­sien nie.”

• Die nu­we O­pel Astra is on­langs as Suid-A­fri­ka se Mo­tor van die Jaar aan­ge­wys en die maat­skap­py be­plan om tot 2020 al­te­sa­me 29 nu­we mo­del­le be­kend te stel. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.