BLINK KNOPPE VIR LAND ROVER SE NU­WE DISCO

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Land Rover meen die nu­we Dis­co­ve­ry 5 gaan een van die bes­te sport­nuts­voer­tuie ter wê­reld word. Met ’n be­ter grond­vry­hoog­te, waad­diep­te en in­vals- en ver­trek­hoek as sy voor­gan­ger is hy reeds ’n ge­dug­te ry­ding, maar dié spe­si­fi­ka­sies word ver­der ver­be­ter deur Land Rover se Ter­rain Re­spon­se 2 en All-Ter­rain Pro­gress Con­t­rol (ATPC).

Ter­rain Re­spon­se mo­ni­tor die pad­toe­stan­de en maak se­ker die voer­tuig is ge­reed om ver­skil­len­de soor­te op­per­vlak­ke baas te raak (soos gras, sand, mod­der of klip). Net soos in se­ke­re an­der Land Ro­vers (by­voor­beeld die Dis­co­ve­ry Sport) kan die be­stuur­der ook die ge­pas­te ver­stel­ling vir die ter­rein met ’n draaiknop in die ka­juit kies en só die aan­dry­wing, s­tuur- en ver­snel­ler­sen­si­ti­wi­teit, ve­ring­ver­stel­lings en vas­trap­be­heer aan­pas.

Met die ATPC-mo­dus kan die be­stuur­der nou in ui­ter­ste toe­stan­de die blik­brein heel­te­mal laat oorneem. In dié ver­stel­ling doen die Disco by­na al die werk self. Die voer­tuig sal tus­sen 2 km/h en 30 km/h voort­kruip en al die stel­sels be­hal­we die s­tuur be­heer. Ja, ook die rem­pe­daal. Dit be­te­ken die be­stuur­der kan fo­kus op el­ke klip of gat in die pad en net­jies om – of bo-oor – dit ry. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.