Voor­deur ag­ter

Weg! Ry & Sleep - - WOONWATOETS -

Die deur sit ag­ter en maak soos som­mi­ge stal­deu­re oop. Die boon­ste deel swaai na regs oop, ter­wyl die on­der­ste helf­te na jou toe plat­slaan en ook as die trap dien. Dit is ’n slim ont­werp, want die trap het nie ran­de nie en jy kan die sand wat met die in­klim­slag daar­op be­land, mak­lik na die kan­te toe af­vee. ’n Mens kan ook met die trap­deur oop slaap son­der dat die gog­gas pla, want in die deur is ’n gaas­net wat weg­rits.

Bin­ne het die Armadillo ’n groot oop ruim­te wat ook han­dig te pas kom wan­neer jy sleep. Jy kan bon­ki­ge goed vir die kamp­plek mak­lik in­laai. Ons het t­wee groot berg­fiet­se in­ge­pas son­der om hul­le uit­me­kaar te haal, as­ook drie kamp­stoe­le en ’n ek­stra ma­tras. Hier is ook ge­noeg be­weeg­ruim­te so­dat jy kan af­pak en -laai son­der dat jy die op­wip­dak hoef te lig.

Die op­wip­dak het drie kna­karms aan die bin­ne­kant – een by die deur en t­wee weers­kan­te na­der aan die voor­punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.