RUBRIEK

Dis al am­per ’n kwart­eeu ge­le­de, maar hy won­der steeds wat het ge­word van die Vry­sta­ter wat die Lee-Met­ford on­der die woon­wa­bed by Botswa­na in­ge­smok­kel het, ver­tel Chris van der Watt.

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS -

Dis na­win­ter 1993 en ons be­vind ons op die oe­wer van die Zam­be­si­ri­vier. Dis ’n rus­ti­ge Sa­ter­dag­mid­dag en ons sit en ont­span in die kamp­ter­rein van die Hip­po­lod­ge. Daar is geen bos­oor­log­kleu­re meer nie; net die vaal­bruin kleur van die wa­ter wat ver­by vloei. Ons is ’n ge­sel­skap van vier man­ne met ’n Land Crui­ser-plaas­bak­kie wat Wil­lie de Graaff van Maun goed­guns­tig­lik aan ons ver­skaf het. Ons het gis­ter­aand in die don­ker hier aan­ge­kom na­dat ’n doe­a­ne­be­amp­te (nog­al aan die Na­mi­bie­se kant) be­sluit het ons is te laat. Hy het net geen saak ge­had met die A­fri­kas­ke­du­le van die pont nie.

Ná ’n goeie nag­rus en met die stof van Mo­re­mi, Sa­vu­ti, C­ho­be en Ses­he­ke af­ge­was, be­plan ons ons tier­vis­stra­te­gie met net ’n af­ge­leef­de twee­man­boot­jie tot ons be­skik­king.

BE­HAL­WE ONS S’N is net een an­der staan­plek in die kamp­plek be­set. Op dié staan­plek staan ’n wit Cor­ti­na­bak­kie met ’n Vry­staat­se nom­mer­plaat en ’n ou­e­ri­ge wit-en-blou Gyp­sey-woon­wa. Ter­wyl ons mid­dag­kof­fie ge­niet voor ons die tier­vis gaan aan­durf, kom stel Ker­neels hom voor. Ons kom gou ag­ter hier­die man is hon­ger én dors: hon­ger vir ge­sel­skap en dors vir die goed in die glas wat hy som­mer saam­dra.

Dit blyk toe hy het ’n vul­sta­sie ie­wers in die SuidVry­staat en het so­wat ’n week of wat ge­le­de be­sluit hy gaan self kyk hoe lyk dit “doer bo in A­fri­ka”.

So het hy en Ti­tos toe die Gyp­sey ge­haak en noord be­gin ry. Ti­tos is ’n pe­trol­jog­gie, maar het nou die ver­ant­woor­de­lik­heid om Ker­neels se kamp­stoel reg te sit, sy glas vol te hou en die woon­wa staan te maak (in dié volg­or­de, ja.)

Ons wil eint­lik net rus en die stil­te ge­niet ná by­na ’n dag se ry van die Vic­to­ria-wa­ter­val af oor Li­ving­so­ne na Ses­he­ke. Maar Ker­neels is lus vir ge­sels. Sy bak­kie is nie ’n 4x4 nie en sy woon­wa nie van die off-ro­ad

soort nie, en hy be­duie op ons vrae dat hy maar teer­pad langs deur Suid­wes en die Capri­vi ge­kom het. Maar hy en Ti­tos gaan nou ’n bie­tjie van die teer­paaie af. Hul­le “wil ook sien hoe lyk die veld en die die­re”.

Hy voel se­ker maar ons stil­swye oor sy plan: “Nee man­ne, ek het nou nie ’n fô­baai-fô nie, maar met hier­die Ford en hier­die Gyp­sey ry ek e­ni­ge pad.”

Ons be­duie ons moet nou gaan kyk of ons nie die be­lang­stel­ling van ’n tier­vis of wat kan prik­kel nie.

ONS MOET BEURTE MAAK met die boot­jie, en t­wee sit eers op die wal. Die boot­jie se en­jin het net be­gin proes en stot­ter, toe kom Ker­neels ook daar aan, glas in die hand. En Ti­tos kom ge­trou ag­ter­na met die koel­boks en kamp­stoel. Weer word ons rus­tig­heid stuk­kend ge­praat oor niks en nog wat.

So tus­sen­deur kry ons dit da­rem reg om van ons reis ook te ver­tel, en van die sleg­te ding met die hi­ë­nas van Sa­vu­ti wat ons uit ons tent­jies wou haal. Ons noem ook dat ons g’n wa­pen ge­had het om ons te ver­de­dig nie – nie eens ’n ket­tie nie.

Ker­neels laat hoor weer da­de­lik van hom: Só dom is hy nie; hy het sy .303 Lee-Met­ford saam­ge­bring...

Ons vra of hy ’n in­voer­per­mit vir die ge­weer ge­kry het, ver­al aan­ge­sien hy deur Botswa­na en nog­al oor Sa­vu­ti wil te­rug­ry huis toe. Vol self­ver­troue

Ons vra of hy ’n in­voer­per­mit vir die ge­weer ge­kry het, ver­al aan­ge­sien hy deur Botswa­na en nog­al oor Sa­vu­ti wil te­rug­ry huis toe.

ant­woord hy: G’n mens sal weet van dié roer nie. In geen on­dui­de­li­ke taal nie ver­tel ons hom dat ons groot rooi ge­vaar­lig­te vir hom sien flik­ker. In die eer­ste plek gaan hy nie die pad oor Sa­vu­ti met sy bak­kie en woon­wa maak nie, en twee­dens gaan hy in groot moei­lik­heid wees as ’n ge­regs­die­naar of an­der amp­te­naar op daai ge­weer af­kom. Maar nou ja: As ’n man aan­hou­dend uit die fon­tein van wys­heid drink, is daar geen salf aan hom te s­meer nie. Sy ge­weer is goed weg­ge­steek on­der sy bed, en hy het mos al ge­sê met sy bak­kie en woon­wa sien hy kans vir é­ni­ge pad.

Teen son­on­der stap ons met t­wee klei­ne­ri­ge tier­vis­se te­rug kamp­plek toe – dis nou na­dat ons vir Ker­neels dui­de­lik laat ver­staan het ons moet gaan pak. Vroeg­og­gend ver­trek ons na die Na­kat­wa-lod­ge aan die K­wan­do.

TOE ONS MET EER­STE lig die Crui­ser aan te gang kry, is dit soos ver­wag dood­stil by die wit-en-blou Gyp­sey.

Ons ge­sels net ’n en­ke­le keer of wat oor Ker­neels en sy plan­ne, en ver­geet gou van hom. Ons ge­niet die o­li­fan­te wat by die hoek van die hout­huis boom­wor­tels gra­we, leeus wat só na­by brul dat ’n mens dit voel, en see­koeie wat on­der in die ri­vier nurk.

Die tyd vlieg en ons moet te­ë­sin­nig te­rug­keer na ons hui­se en ver­ant­woor­de­lik­he­de toe. Dis toe ons by die N­gomagrens­pos s­top dat ons dit sien: die Cor­ti­na en die Gyp­sey... maar hul­le lyk an­ders as toe ons hul­le laas ge­sien het. Die wit bak­kie is vaal­bruin, maar die woon­wa lyk die erg­ste: Aan die voor­kant het die klip­pe hom ver­faf en vol let­sels ge­slaan, en die ven­sters het in­ge­val (of het dit dalk uit­ge­val?). Nou ja, ons het hom mos ge­waar­sku.

Ons stryk haas­tig by die doe­a­ne­kan­toor in, want Sa­vu­ti lê nog ver. En daar, in daar­die ein­ste kan­toor sien ons vir Ker­neels en hy vir ons. Hy kom vinnig aan­ge­stap, die ge­sig be­drem­meld. Sy stem is be­we­rig toe hy los­trek: “Man­ne, is ek bly om jul­le te sien... jul­le moet my help, as­se­blief... Hul­le het my woon­wa deur­ge­soek en die ge­weer ge­kry, en nou wil hul­le my toe­sluit…”

Ons is vir ’n oom­blik spra­ke­loos. Na­tuur­lik sou ons wou help, want ons is im­mers goed groot­ge­maak, maar die har­de werk­lik­heid van die si­tu­a­sie stuit ons, want die laas­te ding wat ons nou no­dig het, is om saam met Ker­neels ge­sien en op­ge­hou (of dalk selfs aan­ge­hou) te word. As­of uit een mond sê ons hoe haas­tig ons is, en dat ons in elk ge­val on­ge­luk­kig niks vir hom sal kan doen nie. Ons draai weg, vol­tooi die pa­pier­werk son­der om rond te kyk, kry ons stem­pels en maak dat ons by die Crui­ser kom.

Die aand om ons laas­te groot vuur – om die hi­ë­nas weg te hou – won­der ons wat met Ker­neels ge­beur het, of nog gaan ge­beur.

Van­dag, ná al die ja­re, won­der ek steeds: Wat het van hom en Ti­tos met die Cor­ti­na en die die Gyp­sey ge­word? En met die die Lee-Met­ford...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.