CAMPMOR KING-GAZEBO Bie­lie van die bos­veld

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING -

Hier­die groot­me­neer het ge­noeg ruim­te so­dat jy jou ge­sin, jou aan­ge­trou­de fa­mi­lie, jou vrien­de én jou vrien­de se vrien­de kan ont­haal.

Hy staan ’n al­le­min­ti­ge 4,2 x 3,6 x 2,2 m in sy sok­kies, en sy raam­werk word met staal­py­pe aan me­kaar ge­sit. Sy dak­seil is van skeur­vrye seil en jy weet som­mer jy het hier met ’n ge­hal­te­pro­duk te doen.

Daar­die seil en staal­raam­werk kom na­tuur­lik teen ’n prys, en hy weeg ’n on­ge­mak­li­ke 30 kg. Al­les pas net­jies in ’n dra­sak met ’n skou­er­band, maar hy gaan die mees­te van die plek in jou kattebak op­neem.

Prys R3 755 by Out­door Wa­re­hou­se.

Weg Ry & Sleep sê Dit suk­kel om hom op te slaan as jul­le net t­wee is. Jy het ’n der­de stel han­de no­dig wan­neer jy die raam­werk aan­me­kaar sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.