KAUFMANN-KOE­PEL­GA­ZE­BO Styl­vol en mo­dern

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING -

Al­mal soek daar­die voor­ste staan­plek­kie by die see, maar dis ge­woon­lik ook waar jy die min­ste koelte en die sterk­ste wind aan­tref. In sul­ke ge­val­le het jy dié koe­pel­ga­ze­bo van Kaufmann no­dig. Hy staan 3,5 x 3,5 x 2,3 m in sy sok­kies en jy kry storm­toue en staal­pen­ne saam om hom or­dent­lik op die grond vas te trek.

Hy het ook ’n ven­ti­la­sie­ga­ping in die dak om te help keer dat die wind hom skep. Sy pa­le is soort­ge­lyk aan dié van jou stan­daard-koe­pel­tent en word met rek­tou aan me­kaar vas­ge­hou.

Jy gaan dus suk­kel om deur­me­kaar te raak met wat waar kom. Dit knor eg­ter om hom op jou eie te pro­beer op­slaan.

Prys R3 490 by Kaufmann Out­door.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan vir jou sy­pa­ne­le van gaas of seil by­koop vir nog be­sker­ming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.