KOOKEIER

Weg! Ry & Sleep - - KAMPBOFFIN -

Jy kan jou leë ei­er­kar­ton­ne slim her­win met dié self­ge­maak­te vuur­aan­ste­kers. Moet ook nie meer daai laas­te stuk­kie kers on­der in die bla­ker weg­gooi ná jul­le Va­len­tyn­se­te nie.

Jy be­no­dig

ou stuk­kies kers of e­ni­ge an­der soort was (’n pak wit ker­se kos R17) kar­ton­ei­er­hou­ers wat­te ( jy kan die klaar­ge­rol­de bol­le koop óf ge­wo­ne wat­te in bol­le rol) ’n skêr of skerp mes

Só maak jy

1 Smelt die ker­se of was tot ’n vloei­stof­vorm – ons het dit som­mer in ’n leë ba­ked be­ans­blik­kie op ’n gas­stoof ge­doen. 2 Rol die wat­te in bol­le­tjies en sit een in el­ke af­son­der­li­ke ei­er­hol­te. Vul die ei­er­hol­tes met ge­smel­te was tot die wat­te heel­te­mal be­dek is. Wag tot die was droog is en sny dit in af­son­der­li­ke vuur­aan­ste­kers.

3 Steek die hoe­kie van die kar­ton aan wan­neer jy reg is om te braai.

Werk dit?

Dit werk! Die wind het wel ef­fens ge­pla ter­wyl ons die toets ge­doen het, en die kar­ton het nog­al aan­moe­di­ging no­dig ge­had om vlam te vat.

Maar toe hy eers brand, het die vuur­aan­ste­ker sy werk be­hoor­lik ge­doen en die fyn­hout­jies het in ’n jap­trap ge­brand. Ons het net een op ’n slag ge­bruik en die ei­er­kar­ton het die toets met vlie­ën­de vaan­dels ge­slaag.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan ook die dons ( lint) uit jou tui­mel­dro­ër ge­bruik. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.