SUI­DE­LI­KE KRU­GER

Die i­ko­nie­se Kru­ger­wild­tuin is nie som­mer e­ni­ge kamp­be­stem­ming nie – as jy hier wil plek kry, moet jy vroeg be­spreek.

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS - Teks en fo­to’s Le­on Bo­tha

Die Kru­ger­wild­tuin pryk heel bo­aan baie kam­peer­ders se be­stem­ming­lys – en dis nie net on­der Suid-A­fri­ka­ners ge­wild nie. In­ter­na­si­o­na­le toe­ris­te stroom ook in hul­le dui­sen­de hier­heen op soek na die Groot Vyf.

Hier is nie min­der nie as 13 kamp­plek­ke om van te kies, en dit is or­dent­li­ke be­stem­mings om jou wa af te haak, selfs al was dit nie in een van die be­kend­ste wild­tui­ne ter wê­reld nie. Die kamp­plek­ke ver­skil heel­wat van me­kaar, maar jy weet wat jy by elk­een van hul­le gaan kry. Jy kan al­mal van hul­le met jou ge­wo­ne pad­woon­wa be­reik en jou ek­stra-toe­ge­rus­te 4x4 met twee dak­ten­te bo-op sal ewe tuis wees hier.

Bui­ten die klei­ner kam­pe soos Ba­lu­le en T­sen­d­ze kan jy by al die gro­ter kamp­plek­ke brand­stof kry. Selfs 50 ppm­die­sel, wat op ’n tyd nie be­skik­baar was nie, is nou stan­daard. Die­self­de geld deur die bank vir swem­bad­dens, braai­plek­ke met roos­ters as­ook goeie diens wan­neer jy by die kan­toor aan­meld.

’n Mens kan aan van die kamp­plek­ke se bad­ka­mers sien hul­le is nie gis­ter ge­bou nie, maar dit word deu­ren­tyd mooi skoon­ge­hou. Ver­der kan min kamp­plek­ke in die land met die Kru­ger se win­kels

mee­ding. Of jy nou heel noord in Pun­da Ma­ria of heel suid by Berg-en-Dal kamp, die win­kels kan nie be­ter nie. Hul­le is nie al­mal ewe groot nie, maar ’n mens kan nie oor die ver­skei­den­heid kla nie: van tyd­skrif­te en vars groen­te tot speel­leeus, har­de­hout en selfs Kru­ger-vuur­aan­ste­kers kan jy hier kry. Die og­gend­klok Hoe vroe­ër jy by die kamp­plek op­daag, hoe be­ter is jou kans om jou kleim op ’n goeie staan­plek af te steek. Dit hang na­tuur­lik af wat jou de­fi­ni­sie van ’n goeie staan­plek is. Waar een mens ’n groot koel­te­boom ver- kies, wil die vol­gen­de dalk eer­der na­der aan die hei­ning, die bad­ka­mers of ’n krag­punt kamp. Of dalk is ’n ge­lyk staan­plek jou e­nig­ste ver­eis­te.

Hoe ook al, pro­beer om vroe­ër eer­der as la­ter op te daag, want jy kan nie voor­af ’n spe­si­fie­ke staan­plek be­spreek nie. San­par­ke doen dit al ja­re lank so, hoe­wel dié re­ël die laas­te ruk ef­fens meer buig­saam toe­ge­pas word. Dit blyk nou van die ge­wil­de staan­plek­ke langs die hei­ning is Jan Al­le­man nie meer be­sko­re nie.

Jy kom soek ook nie vir ’n staan­plek met gras nie. In die Kru­ger kamp jy op ’n oop stuk­kie aar­de. Kyk mooi waar die kra­ne staan, want in som­mi­ge ge­val­le gaan jy kom­buis toe moet stap vir wa­ter.

Ont­hou ook om jou blou woon­wa­prop en ver­leng­koord te pak.

Die Kru­ger is so na aan U­to­pia as kan kom, maar hoe staan sa­ke wan­neer die plek uit sy na­te bars met kam­peer­ders wat van hein­de en ver hier­heen stroom? Moet jy goeie diens en ’n skoon kamp­plek in­boet? Staan ’n mens soos sar­dy­ne in­ge­ryg? Ons het ’n maand of drie voor ons be­soek in die De­sem­ber­va­kan­sie van die laas­te staan­plek­ke in die sui­de op­ge­raap.

En ons be­soek het som­mer af­ge­skop met ’n ver­keers­knoop voor die hek... >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.