PORTERVILLE

Aan die voet van die berg wat oor die O­li­fants­ri­vier uit­troon, lê die 22 Wa­ter­val­le-kamp­ter­rein – ’n wa­re o­a­se waar jy heer­lik kan uit­span vir die na­week.

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS - Teks en fo­to’s Ky­le Kock

Die voor­uit­sig van ’n kamp­na­week by nie een nie, nie twee nie, maar tweeen-twin­tig wa­ter­val­le is ui­ters aan­lok­lik wan­neer jy van die ver­lam­men­de Kaap­stad­se wa­ter­kri­sis wil ont­snap.

“Ja, Me­neer... hier by ons loop die wa­ter 13 maan­de van die jaar,” spot Joey S­choon­raad in die ont­vangs­kan­toor met ’n kam­peer­der wat in­boek.

Al is Joey ’n jo­vi­a­le vrou, is die be­spre­king­stel­sel ’n ef­fen­se kop­seer. Jy kan by­voor­beeld nie op die web­werf be­spreek nie; jy moet eers bel om te hoor

of hier plek is. So­dra jy al die no­di­ge in­lig­ting aan die oord­be­stuur ver­skaf het, moet jy die vol­le be­drag van jou kamp­geld e­lek­tro­nies oor­be­taal. Óf jy kan die helf­te as ’n de­po­si­to be­taal, maar dan moet die ba­lans met jou aan­koms be­taal word.

Boon­op is die staan­plek wat ons be­spreek het, aan ie­mand an­ders ge­gee. Daar­om moet ons nou op ’n an­der een gaan kamp op­slaan. Dit het met min­stens twee an­der groe­pe ge­beur wat die­self­de tyd as ons hier ge­kamp het.

Die res van ons kamp­na­week by 22 Wa­ter­val­le ver­goed eg­ter dub­bel en

d­wars vir die pro­bleem­pie in die ont­vangs­kan­toor. Joey ver­dui­de­lik hier is ’n baie streng “geen mu­siek”-be­leid, geen troe­tel­die­re word toe­ge­laat nie, en die hek word Vry­dag­aan­de om 9 nm. ge­sluit. Sy be­veel aan jy hou die nood­diens­te se foon­nom­mers by­der­hand as jy e­ni­ge van die stap­roe­tes gaan aan­durf, want hul­le is aan die ge­vaar­li­ke kant. Porterville is nét kort van 160 km uit die Kaap­se mid­de­stad. Jy ry noord met die N7 tot op Pi­ket­berg waar jy by die groot ver­keer­sir­kel die der­de uit­gang vat en met die R44 in Porterville se rig­ting ry. Jy volg die pad tot by ’n T-aan­slui­ting waar jy regs draai op die R365. Dié pad neem jou tot op Porterville, maar nét voor die dorp is daar ’n grond­pad na links met ’n pad­pre­di­kant wat jou in die rig­ting van die Wa­ter­val-kamp­ter­rein en die Laatson-buur­plaas be­duie. Die pad is nie in ’n wat­won­der­se toe­stand nie – ry maar sta­dig, ver­al as jy met ’n ge­wo­ne kar ry.

Jy ry deur die Kaaps-Hol­land­se hek en volg die pad tot by ’n T-aan­slui­ting waar jy links draai. Vóór jy die ont­vangs­kan­toor kry, ry jy eers ver­by die plaas se twee >

Van die kamp­ter­rein af kan jy die Pi­ket­berg sien. Die sink­plaat­kamp­hui­sies is ’n ga­we op­sie vir paar­tjies wat ’n dak oor hul­le kop soek. Daar is drie uit­da­gen­de fiets­ry­roe­tes, maar die groot­ste at­trak­sie is die wa­ter­val­le en kab­be­len­de stroom­pie waar­in jy jou voe­te kan la­we. WATERWERKE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.