ONT­SNAP NÁ ’N MOEI­LI­KE JAAR

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - EU­GE­NE, DI­AAN EN IMMEKE NEL Port E­li­za­beth

Laas­jaar het meer as ge­noeg uit­da­gings vir ons ge­had, en daar­om het ons be­sluit om vir ’n lang­na­week uit Port E­li­za­beth te ont­snap en te gaan kamp. Dit sou ons eer­ste kamp in twee jaar wees, en ons was ef­fens on­se­ker oor hoe sa­ke sou ver­loop met ons een­ja­ri­ge dog­ter, Immeke. Ons het ál­les in­ge­pak en om­trent nét haar aan­trek­ta­fel­tjie by die huis ge­los.

Die oom­blik toe ons by Ku­du Ka­ya – ’n plaas­kamp na­by Pa­ten­sie – in­ry, was dit as­of ons sin­tuie ver­skerp. Jy kon die blom­me ruik en die wa­ter hoor soos die stroom­pie oor klip­pe vloei. Dit het vir ’n on­mid­del­li­ke kalm­te ge­sorg.

Immeke was mee­ge­voer met die na­tuur om haar en nuus­kie­rig oor die nu­we om­ge­wing. Sy het wel nie van die grow­we ri­vier­gruis on­der haar knieë ge­hou nie en het som­mer daar­die na­week be­sluit sy het ge­noeg ge­kruip. uip. Dalk was dit die on­ge- nge­mak van die gruis on­der haar knieë, of dalk het ons teen­woor­dig­heid in die na­tuur haar oor­tuig, maar dit was tyd om te be­gin loop.

Die kamp­tyd het só aan­ge­naam ver­loop dat ons daar en dan be­sluit het om vier nag­te p­leks van drie te bly.

Die weg­breek van al ons ge­rie­we by die huis was net die me­di­sy­ne om as ge­sin te ont­span. Dit het ook baie be­te­ken vir Immeke.

Ons kamp bin­ne­kort weer, maar pak dié keer net die no­dig­ste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.