ONS WAAI SAAM

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - S­TE­VE NUNS EN DELWYNNE SWARTZ Roo­de­poort

Ek ver­wys na A­ni­ta Ho­mann se ru­briek “Eind goed, al­les goed” in die Ja­nu­a­rie-uit­ga­we.

Ons het ook ein­de laas­jaar ’n paar dae by S­torms­ri­vier­mond ge­kamp. Dit was deel van ’n toer van twee we­ke en ons het al­te­sa­me 5 000 km af­ge­lê. Ná ons aan­koms is ’n staan­plek teen­aan die see aan ons toe­ge­wys. Die wind het ge­waai dat die hon­de huil en dit sou sa­ke in die dak­tent vir ons baie on­aan­ge­naam maak.

Ter­wyl ons kop­krap oor wat ons te doen staan, sien ons aan die oor­kant ’n paar­tjie wat op­pak om ’n ent weg uit die wind te skuif. Ons be­sluit om ook te pak en kry ons staan langs hul­le. Hul­le stoeptent het steeds soos ’n val­skerm in die wind ge­bol en ons het hand by­ge­sit om dit op die grond te hou.

Toe ons la­ter met hul­le ge­sels, kom ons ag­ter hul­le bly in Kim­ber­ley, my ge­boor­te­dorp. A­ni­ta en Chris­to: Dit was so aan­ge­naam om jul­le te ont­moet en langs jul­le kamp op te slaan.

Bui­ten die wind was ons ver­blyf ver­der by S­torms­ri­vier uit die boon­ste rak. Die stap­tog na die hang­brug is net so aan­ge­naam soos die bier ná die tyd in die na­by­ge­leë re­stau­rant. Die land­skap­to­ne­le in al­le rig­tings is on­ge­loof­lik. Die plek is skoon en die per­so­neel staan reg om hand by te sit.

Ons be­veel S­torms­ri­vier­mond ten sterk­ste aan – wees net ge­reed om weg te waai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.