Kon jul­le toe die Kat­se­dam haal?

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - WIL­LIE EN MARILYN S­CHOLTZ Mo­di­mol­le >

Ons het on­langs ’n kort reis deur Le­so­tho aan­ge­durf. Om­dat ons ’n 4x4 be­sit, be­sluit ons op die roe­te tus­sen Taung en Mok­hot­long, en dan oor na die Sa­ni­pas.

Ons kaart wys die stuk­kie tus­sen Taung en Li­na­keng is slegs vir 4x4’s, maar ’n sleg­ter pad wag op ons tus­sen Mo­lumong en Mok­hot­long – die kaart maak geen mel­ding van ’n 4x4-pad nie. Ons kruip teen die berg op en hop van kant tot kant op die sit­plek­ke.

Op ’n kol kom drie voer­tuie van voor af – een met ’n sleep­wa, op pad na die Kat­se­dam toe. Niks pla hul­le nie; hul­le sit met ’n bier in die hand en ge­niet selfs nog ’n bie­tjie oor­skiet van hul­le braai­vleis gis­ter­aand. Ons ver­tel hul­le van die sleg­te rit wat vir hul­le voor­lê, maar hul­le dink se­ker­lik hier­die twee ou gry­ses met hul­le Jeep oor­dryf net.

Die Sa­ni­pas-grenspos sluit glo teen 4 nm., wat ons geen tyd laat nie – en ons stoot aan. (Ons was be­tyds vir die 4 nm. aan die Le­so­tho­kant waar hul­le ons in­ge­lig het die Suid-A­fri­kaan­se kant sluit eers om 6 nm.)

Ons sal graag die men­se van die drie voer­tuie wil op­spoor om te hoor of hul­le die aand die Kat­se­dam kon haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.