’N MOD­DE­RI­GE AF­FÊ­RE

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - WIL­LIE VAN NIE­KERK Bronk­horst­spruit

Ek sit en te­rug­dink aan ons 4x4-dae en kom op foto’s af wat by die Swart­rug­gens­dam ge­neem is. Dit was ê­rens in 1988 en ek het nou nog lek­ker her­in­ne­rin­ge van kamp en wa­ter­ski op die dam.

Ek ont­hou een kamp­na­week daar. Die ou­ens wou sien hoe ver ons met die Toyo­ta-bak­kie die mod­der kan in­ry voor hy vas­val. Dit was nie lank nie of die mod­der kry die oor­hand... en die Toyo­ta met sy C­hev 327-V8-en­jin ver­loor spoed. Die vol­gen­de oom­blik staan die en­jin en brul, maar die Toyo­ta staan dood­stil. Die bak­kie se on­der­stel het tot teen die mod­der ge­sak en ons kan hom nie uit­kry nie. Selfs ’n sa­ma­ri­taan met ’n trek­ker kan ons nie help nie. La­ter het ’n paar sol­da­te in hul­le Buf­fel (’ n Ge­pant­ser­de 4x4-troe­pe­dra­er van des­ja­re. – Red.) op­ge­daag om by die wa­ters te kom be­ne rek. Ons praat die lui­te­nant om met die be­lof­te van ses bie­re om te sien of hul­le ons dalk kan help om die bak­kie uit die mod­der te sleep. Dit suk­kel, maar daar is die bak­kie uit! Maar toe val die Buf­fel vas. Hul­le ont­bied die hulp van nog ’n Buf­fel, maar dié help ook nie. Só is ons die Son­dag­mid­dag daar weg, en be­sluit om die vol­gen­de dag te gaan kyk of hul­le kon uit­kom. Toe nie. ’n Pad­skra­per kom tot die red­ding, maar teen dié tyd is die sol­da­te knie­diep in die moei­lik­heid by hul­le be­vel­voer­der oor “hul­le” on­be­son­ne daad!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.