SLAAN ’N VINNIGE KAMPPASTA AANMEKAAR

’n Vinnige pot pas­ta kan me­ni­ge hon­ger maag red ná ’n lang dag van wild­kyk of lang­pad ry. Hier is ses van ons guns­te­lin­ge.

Weg! Ry & Sleep - - FRONT PAGE -

BOEREWORSFRIKKADELLE IN TAMATIESOUS

Proe die plaas

Jy kan net stuk­kies ge­braai­de wors deur die sous roer en dit op­warm vir ’n vinnige ete, maar dit smaak lek­ker­der as die vleis in die sou­sie gaar word. Jy be­no­dig (ge­noeg vir 4-6) 1 pak (500 g) spag­het­ti 1 pak (800 g) boe­re­wors 1 eet­le­pel son­ne­blom­o­lie 1 fles (375 g) ta­ma­tie-pas­ta­sous 2 vars ta­ma­ties, ge­kap 1 eet­le­pel ris­sie­sous 1 kop­pie ge­ras­per­de ched­dar­kaas sout en swart­pe­per na smaak Só maak jy 1 Kook die spag­het­ti vol­gens die aan­wy­sings op die pak­kie in ’n pot vol sout­wa­ter.

2 Druk die vleis uit die wors en maak klein frik­ka­del­le­tjies daar­van. Pak die fri­ka­del­le­tjies in ’n pan met die o­lie en braai dit tot mooi goud­bruin. Gooi die pas­ta­sous daar­by en prut dit tot warm en gaar.

3 Sit die frik­ka­del­le en sous voor met die pas­ta, vars ta­ma­tie, ris­sie­sous en kaas.

Weg Ry & Sleep sê As jy nie pas­ta by­der­hand het nie, kan jy die fri­ka­del­le en sous oor krum­mel­pap voor­sit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.